Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/98 bl. 12
  • “Saai die Koninkryksaad” op tydskrifroetes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Saai die Koninkryksaad” op tydskrifroetes
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Tydskrifroetes—’n Goeie manier om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • ’n Voortreflike diensvoorreg
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Begin ’n tydskrifroete
    Ons Koninkryksbediening—2015
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 10/98 bl. 12

“Saai die Koninkryksaad” op tydskrifroetes

1 Lied 133 in Sing lofliedere voor Jehovah het die titel: “Saai die Koninkryksaad.” Dit is gebaseer op Jesus se illustrasie wat die dissipelmaakwerk met die saai van saad vergelyk (Matt. 13:4-8, 19-23). Die lied se woorde lui: “Hoeveel daar gaan val op die vrugbare grond/Hang heel dikwels af van jou werk.” Hoe kan ons die doeltreffendheid van ons bediening verbeter? Een manier is om ’n tydskrifroete te begin en aan die gang te hou.

2 Heelwat kan deur middel van ’n tydskrifroete bereik word. (1) Gereelde besoeke elke twee weke stel jou in staat om ’n vriendelike verhouding met die belangstellende op te bou. (2) Jy voorsien daardie persoon gereeld van die lewensreddende inligting wat Die Wagtoring en Ontwaak! bevat. (3) Deur julle gesprekke kan jy die persoon help om ’n verlange te ontwikkel na skriftuurlike waarheid, wat tot ’n Bybelstudie kan lei.—1 Pet. 2:2.

3 Hoe om ’n tydskrifroete te begin: Wanneer iemand ook al belangstelling in die tydskrifte toon, moet jy verduidelik dat daar in elke nommer puik artikels verskyn en dat jy hulle graag elke twee weke sal aflewer. Ná die besoek moet jy ’n aantekening maak van die persoon se naam en adres, die datum van die besoek, die datum van die nommers wat jy by hom gelaat het, die artikel waarop jy die aandag gevestig het en die onderwerpe waarin die persoon veral geïnteresseerd was.

4 Jy kan met net ’n paar mense ’n roete begin. Werk dan om dit te vergroot deur ander by wie jy tydskrifte laat by jou lys te voeg. Namate jou roete groter word, kan jy dit gebiedsgewys organiseer sodat dit makliker sal wees om te dek. Hou noukeurig verslag van watter nommers jy by elke besoek gelaat het en van wanneer jy dit daar gelaat het. Maak verdere aantekeninge oor julle gesprekke en oor hoe om die persoon se belangstelling in die waarheid met die volgende besoek verder te ontwikkel.

5 Sluit sake- en professionele mense in: Ondervinding het getoon dat winkeleienaars en ander professionele mense waarskynlik ons tydskrifte op ’n gereelde basis sal neem. Een ouer man het selfs die burgemeester van hulle dorp op sy tydskrifroete gehad. ’n Verkondiger het ’n studie met die 80-jarige eienaar van ’n hardewarewinkel begin nadat hy tien jaar lank vir hom die tydskrifte geneem het!

6 ’n Pioniersuster het by ’n winkel ingegaan en ’n paartjie ontmoet wat haar nie baie vriendelik ontvang het nie. Maar aangesien hulle die tydskrifte geneem het, het sy besluit om die paartjie by haar tydskrifroete te voeg. Die suster wou mettertyd ophou om hulle te besoek omdat hulle so onvriendelik was en nooit veel gesê het nie, selfs wanneer sy ’n beskouingsvraag gevra het. Maar die suster het oor die saak gebid en uiteindelik die Paradys op aarde-boek by die egpaar gelaat. Nadat die vrou dit gelees het, het sy uitgeroep: “Uiteindelik het ek die waarheid gevind!” ’n Bybelstudie is begin, en later is die egpaar gedoop. Die pionier se volharding het inderdaad goeie vrugte afgewerp.

7 Hoe om die herbesoeke te doen: Lees elke artikel wanneer jy ’n nuwe tydskrif ontvang. Soek na punte wat by elk van die persone op jou roete byval sal vind. Wanneer jy dan teruggaan, kan jy sê: “Terwyl ek hierdie artikel gelees het, het ek aan jou gedink, en jy sal dalk daarin belangstel.” Verkondigers van alle ouderdomme kan ’n tydskrifroete hê. Selfs ’n jong kind kan sê: “Ek is bly om tannie weer te sien. Tannie se jongste eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! het gekom. Ek dink tannie sal van hierdie artikel hou wat sê . . . ”

8 Wek afwagting vir toekomstige artikels deur die aandag te vestig op die venster “In ons volgende nommer”. Wanneer artikels as ’n reeks verskyn, kan jy dit meld en die leser aanmoedig om geeneen van die dele oor te slaan nie. Moenie vergeet dat jy ’n herbesoek kan tel elke keer as jy vir iemand op jou tydskrifroete die tydskrifte neem nie. En onthou bowenal dat dit ons doel is om uiteindelik tuisbybelstudies by hierdie besoeke te begin.

9 Besoek mense op jou roete op ’n gereelde basis: Jy kan jou tydskrifroete enige tyd doen wat prakties is—op ’n weeksoggend, laat in die middag, vroeg in die aand of oor die naweek nadat jy aan die huis-tot-huis-werk deelgeneem het. As jy nie jou roete kan doen nie omdat jy siek of met vakansie is, kan jy ’n verkondiger in jou gesin of gemeente vra om die tydskrifte vir jou af te lewer. Sodoende sal diegene op jou roete hulle tydskrifte op tyd kry.

10 Een manier om Koninkryksaad te saai, is om Die Wagtoring en Ontwaak! gereeld vir diegene op jou tydskrifroete te neem. Namate jy hulle skriftuurlike waarheid leer, sal hulle dalk die sin begryp van die woord aangaande die Koninkryk en uiteindelik saam met jou Koninkryksvrug dra.—Matt. 13:8, 23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel