Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/93 bl. 3
  • ’n Voortreflike diensvoorreg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Voortreflike diensvoorreg
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • “Saai die Koninkryksaad” op tydskrifroetes
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Tydskrifroetes—’n Goeie manier om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 1/93 bl. 3

’n Voortreflike diensvoorreg

1 Een leser het gesê dat hy baie meer dinge van ware nut geleer het deur Die Wagtoring en die Ontwaak! te lees as wat hy gedurende ses jaar op universiteit geleer het. Dit is niks ongewoons dat opregte lesers hulle waardering op so ’n hartverblydende manier uitspreek nadat hulle hierdie tydskrifte net ’n kort tydjie gelees het nie. Wat ’n voorreg het ons tog om hierdie tydskrifte gereeld na diegene te neem wat hulle werklik waardeer!

2 Baie mense toon ’n mate van belangstelling in die waarheid, maar het nog nie sover gevorder dat hulle ’n tuisbybelstudie aanvaar het nie. Maar hulle belangstelling kan aangekweek word as iemand gereeld na hulle teruggaan met elke nuwe nommer van Die Wagtoring en die Ontwaak! Ja, die getroue aflewering van tydskrifte op ’n tydskrifroete het al daartoe bygedra dat mense mettertyd tot ’n gereelde Bybelstudie instem.

3 Ons vind persoonlik by ’n tydskrifroete baat as ons die tydskrifte eers lees en op spesifieke punte let waarin elke persoon op ons lys veral sal belangstel.

4 Partykeer gee ’n huisbewoner ons meer as die voorgestelde bydrae. Sê vir hom dat jy oor twee weke wil terugkom met die jongste nommers. Dit kan die begin van nog ’n tydskrifroete wees. Almal wat belangstelling in ons tydskrifte toon, moet op jou lys van tydskrifroetes wees. As iemand ware belangstelling toon wanneer hy die tydskrifte neem, kan jy verduidelik dat daar elke twee weke uitstekende artikels in ons tydskrifte verskyn en dat jy hulle met graagte sal aflewer. Maak seker dat jy gereeld teruggaan en van geleenthede gebruik maak om Bybelonderwerpe met die huisbewoner te bespreek. Ons weet jy sal hierdie voortreflike diensvoorreg geniet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel