Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/05 bl. 5
  • Gesinsrooster—die dagteks

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gesinsrooster—die dagteks
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Daaglikse geestelike voedsel—noodsaaklik vir ’n Christengesin
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Stel ’n praktiese gesinsrooster op
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Gee elke dag ag op Jehovah se Woord!
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Ondersoek die Skrif elke dag – Vind jy daarby baat?
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 5/05 bl. 5

Gesinsrooster—die dagteks

1 Liefdevolle ouers doen baie moeite om hulle kinders elke dag van voedsame kos te voorsien. Dit is nog belangriker om hulle van geestelike voedsel uit God se Woord te voorsien (Matt. 4:4). Een manier waarop julle julle kinders kan help sodat hulle ’n gesonde geestelike eetlus kan kry en “tot redding kan groei”, is deur elke dag tyd in te ruim om die dagteks en kommentaar as ’n gesin te bespreek (1 Pet. 2:2). Wanneer kan julle dit in julle gesinsrooster insluit?

2 Tydens etes: As julle die dag met ’n bespreking van die teks begin, kan dit julle gesin help om gedurende die dag aan Jehovah te dink (Ps. 16:8). ’n Moeder het seker gemaak dat sy die teks en kommentaar saam met haar seun lees en dit met hom bespreek terwyl hy ontbyt eet en dat sy saam met hom bid voordat hy skool toe gaan. Dit het hom versterk om ’n onwrikbare standpunt teen nasionalisme in te neem, om onbehoorlike toenaderings te weerstaan en om moedig vir leerlinge sowel as onderwysers te getuig. Hoewel hy die enigste Getuie in die skool was, het hy nooit alleen gevoel nie.

3 As dit nie prakties is om die teks in die oggend te bespreek nie, kan julle dit later in die dag, miskien tydens aandete, as ’n gesin bespreek. Party bespreek dan ook velddiensondervindinge en gedagtes wat hulle in hulle persoonlike Bybellees geniet het. Baie het aangename herinneringe aan sulke geleenthede om die tafel en beskou dit as van die gelukkigste tye wat hulle as ’n gesin saam deurgebring het.

4 Saans: Vir party gesinne is die beste tyd om die dagteks te bespreek, saans net voordat hulle gaan slaap. Dit kan ook ’n goeie geleentheid wees om saam te bid. Wanneer julle kinders elke dag hoor hoe julle van Jehovah praat en tot hom bid, word hy vir hulle ’n werklike persoon.

5 Mag Jehovah julle pogings seën om die waarheid by julle kinders in te skerp terwyl julle goed gebruik maak van Ondersoek die Skrif elke dag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel