Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/06 bl. 3
  • ’n Gees van vrywilligheid bring seëninge mee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Gees van vrywilligheid bring seëninge mee
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Daar is oral helpende hande
    Ontwaak!—2001
  • Die werk wat vrywilligers doen
    Ontwaak!—2001
  • Laat ons aan almal goed doen’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Vrywilligerwerk met blywende voordele
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 12/06 bl. 3

’n Gees van vrywilligheid bring seëninge mee

1. Hoe het Dawid en Nehemia ’n gees van vrywilligheid geopenbaar?

1 Toe Goliat die gevegslinies van Israel uitgetart het, kon enigeen van die soldate teen hom geveg het. Maar dit was ’n herderseun, wat nie in oorlogvoering opgelei is nie, wat hom vrywillig aangebied het (1 Sam. 17:32). Toe die Joodse ballinge teruggekeer het na Jerusalem maar versuim het om die mure te herbou, was dit die Persiese koning se skinker wat vrywillig aangebied het om sy bevoorregte posisie in die paleis te verlaat en na Jerusalem te reis om die werk te organiseer (Neh. 2:5). Jehovah het albei hierdie manne, Dawid en Nehemia, geseën vir die gees wat hulle geopenbaar het.—1 Sam. 17:45, 50; Neh. 6:15, 16.

2. Waarom moet Christene ’n gees van vrywilligheid openbaar?

2 Vandag is daar nie ’n gees van vrywilligheid in die wêreld nie. In hierdie “laaste dae” lei mense baie besige lewens, en baie is “liefhebbers van hulleself” (2 Tim. 3:1, 2). Dit is maklik vir mense om so behep te raak met persoonlike belange dat hulle geleenthede oor die hoof sien om hulle dienste vrywillig aan te bied wanneer ander hulp nodig het. Maar as Christene wil ons Jesus navolg, wat die inisiatief geneem het om ander te help (Joh. 5:5-9; 13:12-15; 1 Pet. 2:21). Hoe kan ons ’n gees van vrywilligheid openbaar, en watter seëninge sal ons ontvang?

3. Hoe dra ’n gees van vrywilligheid by tot gemeentelike vergaderinge?

3 Ten behoewe van ons broers: Ons kan ’n “geestelike gawe” aan ander meedeel deur vrywillig kommentaar te lewer wanneer vergaderingdele gehoordeelname vereis (Rom. 1:11). Om kommentaar te lewer, vereer Jehovah, laat die waarheid dieper in ons verstand en hart insink en help ons om die vergaderinge meer te geniet (Ps. 26:12). Ons kan ook aanbied om ’n toespraak in die Teokratiese Bedieningskool te hou wanneer ’n plaasvervanger nodig is. Dit sal ons help om ons onderrigvermoë te verbeter.

4. Wat is ’n paar ander maniere waarop ons ’n gees van vrywilligheid openbaar?

4 Broers kan ’n gees van vrywilligheid openbaar deur te streef na verantwoordelikhede in die gemeente (Jes. 32:2; 1 Tim. 3:1). Almal kan help om byeenkomste vlot te laat verloop deur aan te bied om in verskillende afdelings te werk. Wanneer ons aanbied om saam met die reisende opsiener in die bediening te werk of om vir hom ’n maaltyd te voorsien, lei dit tot “wedersydse aanmoediging” (Rom. 1:12). As ons aanbied om praktiese bystand te verleen aan vaderlose seuns, weduwees, sieklikes, moeders met jong kinders en ander in die gemeente, ervaar ons vreugde en geniet ons Jehovah se guns.—Spr. 19:17; Hand. 20:35.

5. Watter sake met betrekking tot die Koninkryksaal benodig vrywilligers?

5 Nog ’n manier waarop ons ons tyd en energie kan aanbied, is om te help met die skoonmaak en instandhouding van die Koninkryksaal. Omdat baie mense in die waarheid kom, is daar ook ’n toenemende behoefte aan nuwe Koninkryksale en vrywilligers om die bouwerk te doen. Een egpaar het hulle beskikbaar gestel om die plaaslike Streekboukomitee te help, al het die egpaar geen bouvaardighede gehad nie. Mettertyd is die egpaar opgelei, en hulle help nou om bakstene te lê. Die vrou het gesê: “Omdat ons sy aan sy met ander werk, het dit tot baie hegte vriendskappe gelei. Aan die einde van die dag is ons fisies moeg, maar geestelik verkwik.”

6. Waarom is die bediening die belangrikste vrywillige werk wat ons kan doen?

6 Deur te getuig: Die belangrikste vrywillige werk wat ons vandag kan doen, is die Koninkrykspredikingswerk. Namate mense gehelp word om Bybelraad te verstaan en toe te pas, kry hulle ’n doel in die lewe en die krag om skadelike gewoontes te oorkom. Hulle leer omtrent die Bybel se bemoedigende hoop vir die toekoms. Deur Bybelonderrig te voorsien, verskaf ons ’n vreugdevolle vrywillige diens met blywende voordele (Joh. 17:3; 1 Tim. 4:16). Dalk laat ons omstandighede ons toe om ’n groter aandeel aan hierdie werk te hê deur as ’n hulppionier of gewone pionier te dien, te trek na waar daar hulp nodig is of ’n ander taal aan te leer.

7. Waarom is dit veral vandag belangrik dat ons ons vrywillig aanbied?

7 Koning Dawid het geprofeteer dat God se volk “hulle gewillig [sal] aanbied” wanneer die Messias sy heerskappy begin (Ps. 110:3, voetnoot in naslaanuitgawe). Terwyl Jehovah die finale geestelike oes bespoedig, is daar baie werk waarvoor ons ons vrywillig kan aanbied (Jes. 60:22). Het jy gesê: “Hier is ek! Stuur my”? (Jes. 6:8). Ja, deur ’n gees van vrywilligheid te openbaar, behaag ons Jehovah en word ons ryklik beloon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel