Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Desember en die Ontwaak! van Desember aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe om die potensiële gesprekdemper “Ek stel nie belang nie” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bl. 16.
15 min: Die Teokratiese Bedieningskool vir 2007. Toespraak en onderhoude wat deur die skoolopsiener behartig moet word. Bespreek gedagtes in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2006 wat in julle gemeente beklemtoon moet word. Verduidelik dat die skoolopsiener nie vooraf aankondig aan watter spraakhoedanigheid ’n student werk nie. Aangesien ons die Hebreeuse Geskrifte van Jesaja 24 tot die einde van Maleagi gedurende 2007 sal klaar lees, sal vanjaar ’n goeie tyd wees vir broers wat die toewysing kry om Bybelglanspunte voor te berei en vir ander wat kommentaar lewer, om ons publikasies te gebruik wat hierdie profetiese boeke verduidelik. Voer ’n onderhoud met twee of drie verkondigers wat ’n nuwe student, ’n jong student wat goeie vordering maak, of ’n ervare student kan insluit. Laat hulle vertel watter uitwerking die skool op hulle bediening en op hulle geestelikheid het. Spoor almal aan om getrou hulle toewysings uit te voer, aan die Bybelglanspunte deel te neem en die wenke in Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool toe te pas wat elke week gegee word.
20 min: “Moenie die liefde verloor wat jy eers gehad het nie.”a Nooi gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
Lied 193 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Hersien Vraebus. Gee ’n oorsig van spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie.
15 min: “Keer terug na almal wat ’n mate van belangstelling toon.”b Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle in staat was om kontakbesonderhede te kry by belangstellendes wat hulle ontmoet het terwyl hulle informele getuieniswerk of straatwerk gedoen het, en om enige uitsonderlike ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle herbesoeke by hierdie mense gedoen het. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
20 min: “’n Gees van vrywilligheid bring seëninge mee.”c Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat bekend is vir hulle vrywillige gees. Hoe het hulle ’n gees van vrywilligheid aan die dag gelê? Watter aanpassings was nodig, en hoe kon hulle hierdie aanpassings maak? Watter seëninge het hulle as gevolg daarvan ontvang?
Lied 108 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! van Januarie aangebied kan word. Vra aan die einde van elke aanbieding ’n gedagteprikkelende vraag wat tydens die volgende besoek met behulp van die Leer Bybel-boek beantwoord kan word.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Het jy ’n persoonlike gebied?”d Laat die diensopsiener kortliks kommentaar lewer oor waar die grense van die gemeente se gebiedstoewysing is, hoe dikwels die gebied gedek word en of persoonlike gebied beskikbaar is.
Lied 219 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee.
15 min: Verslae oor die vooruitgang van die bediening. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, van die onderhofie op bladsy 83 tot die einde van die hoofstuk.
20 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur onpartydig te getuig.”e Lewer kortliks kommentaar oor Insight, Deel 1, bladsy 255, die eerste paragraaf onder “Barbarian”, wanneer Romeine 1:14 aan die einde van paragraaf 2 bespreek word. Hersien, nadat paragraaf 3 bespreek is, die drie stappe wat op bladsy 2 van die boekie Good News for People of All Nations uiteengesit word, en demonstreer hoe die boekie gebruik kan word by mense in julle gebied wat ’n ander taal praat.
Lied 65 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.