Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • be bl. 71-bl. 73 par. 3
  • Kommunikasie deur middel van briewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kommunikasie deur middel van briewe
  • Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Getuig deur middel van briewe
  • ’n Paar punte om in gedagte te hou
  • Die regte toon
  • Voorbeeldbrief
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om goeie briewe te skryf
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
be bl. 71-bl. 73 par. 3

Kommunikasie deur middel van briewe

BRIEWE het al die lewe en gedrag van miljoene mense verbeter. Die meeste boeke van die Christelike Griekse Geskrifte was oorspronklik briewe. Ons kan vandag briewe skryf om nuwe gelowiges op te bou, met vriende in aanraking te bly, broers en susters aan te moedig wat spesiale verantwoordelikhede aanvaar het, diegene te versterk wat ontberinge verduur en inligting te verstrek wat met die gemeente se bedrywighede verband hou.—1 Tess. 1:1-7; 5:27; 2 Pet. 3:1, 2.

Om briewe te skryf, is ook ’n doeltreffende manier om te getuig. In party gebiede woon baie mense in woonstelgeboue met streng veiligheidsmaatreëls of losieshuise waartoe ons nie toegang het nie. Omdat party mense die meeste van die tyd uithuisig is, is hulle nie daar wanneer ons van huis tot huis getuig nie. Ander woon op afgesonderde plekke.

Siekte, slegte weer of ’n aandklokreël kan soms maak dat jy tuis moet bly. Kan jy ’n brief skryf om verder te getuig vir ’n familielid of vir iemand met wie jy informeel gepraat het? Het een van jou Bybelstudente verhuis? ’n Brief van jou af is dalk net wat hy nodig het om sy geestelike belangstelling lewendig te hou. Of miskien kan jy gepaste skriftuurlike inligting aan diegene stuur wat onlangs getroud is, ouers geword het of ’n geliefde aan die dood afgestaan het.

Getuig deur middel van briewe

Wanneer jy in ’n brief vir iemand getuig wat jy nog nooit ontmoet het nie, moet jy jou eers bekend stel. Jy kan verduidelik dat jy as ’n vrywilliger aan ’n internasionale werk deelneem. Meld dat jy een van Jehovah se Getuies is as jy dink dat dit gepas is. Sê vir die persoon waarom jy skryf en hom nie persoonlik besoek nie. Skryf asof jy van aangesig tot aangesig met die persoon praat. Maar in ooreenstemming met die raad om ‘versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe te wees’, moet jy goed nadink oor hoeveel inligting jy oor jouself moet verstrek.—Matt. 10:16.

Sê in die brief wat jy vir die persoon sou vertel het as jy hom kon besoek. Jy kan ’n inleiding uit die Redenering-boek aanpas of ’n skriftuurlike aanbieding uit ’n onlangse nommer van Ons Koninkryksbediening gebruik. Jy kan ’n vraag stel en die persoon aanmoedig om daaroor te dink. Party verkondigers verduidelik eenvoudig dat ons ’n gratis program het om Bybelvrae te beantwoord en noem dan sommige van die hoofstuktitels uit een van ons studiehulpe. Op bladsy 73 is daar ’n voorbeeld van ’n brief wat geskryf is om ’n getuienis te gee. Dit sal jou dalk ’n paar idees gee, maar dit is goed om die inhoud af te wissel. Anders kan mense met verloop van tyd weer dieselfde brief ontvang.

Party mense lees nie graag lang briewe van vreemdelinge af nie. Daarom sal dit dalk verstandig wees om jou brief kort te hou. Eindig jou brief voordat die ontvanger moeg word om dit te lees. Dit sal gepas wees om ’n gedrukte uitnodiging in te sluit waarop mense na vergaderinge by die Koninkryksaal genooi word. Jy kan ’n traktaat, ’n brosjure of ’n nommer van Die Wagtoring of Ontwaak! insluit en verduidelik dat die persoon dit gereeld kan ontvang as hy graag wil. Of jy kan vra of jy hom by sy huis kan besoek om verder met hom oor die onderwerp te praat.

’n Paar punte om in gedagte te hou

Prent op bladsy 73

Kyk nou na die voorbeeldbrief. Let op die volgende: (1) Dit lyk netjies, nie slordig nie. (2) Selfs as hy die koevert verloor, sal die ontvanger nog steeds die afsender se naam en posadres hê. (3) Die doel van die brief word op ’n eenvoudige en duidelike manier in die eerste paragraaf gemeld. (4) Elke hoofgedagte word in ’n afsonderlike paragraaf bespreek. (5) In ooreenstemming met die doel van die brief is dit nie te informeel of te formeel nie.

In ’n formeler brief, soos wat die gemeentelike sekretaris aan die takkantoor stuur, sal die naam van die gemeente verskyn, asook die sekretaris se naam, sy posadres en die datum. Die naam en adres van die persoon of organisasie aan wie die brief gestuur word, sal ook daarop verskyn. Dit word deur ’n gepaste aanhef gevolg. In sommige tale word die brief afgesluit met ’n uitdrukking soos “Die uwe” wat bo die handtekening verskyn. Jy moet die brief self onderteken.

In enige brief moet jy aandag skenk aan die regte spelling, grammatika, leestekens en natuurlik netheid. Dit sal waardigheid verleen aan jou brief en die boodskap wat dit bevat.

Skryf altyd ’n afsendersadres op die buitekant van die koevert—verkieslik jou eie posadres. As jy dink dat dit onverstandig sal wees om jou eie adres te verstrek wanneer jy per brief vir vreemdelinge getuig, kan jy die ouer manne vra of jy die plaaslike Koninkryksaal se adres kan gebruik. Die Wagtoringgenootskap se adres moet nooit vir hierdie doel gebruik word nie, aangesien dit verkeerdelik die indruk sal skep dat jou brief van die Genootskap se kantoor gestuur is en verwarring sal veroorsaak. As geen afsendersadres gegee word nie en lektuur word ingesluit, kan dit ook verkeerdelik die indruk skep dat die Genootskap die afsender is.

Maak seker dat jy genoeg posseëls op het, veral as jy lektuur insluit. As die posgeld nie genoeg is nie, sal die ontvanger dalk die uitstaande bedrag moet betaal, en dit sal aan jou boodskap afbreuk doen. Wanneer jy ’n brosjure of ’n tydskrif insluit, moet jy onthou dat die posgeld in baie lande meer is as wanneer jy net ’n brief stuur.

Die regte toon

Nadat jy jou brief voltooi het, moet jy dit lees om die inhoud te evalueer. Hoe klink dit? Is dit vriendelik en taktvol? Liefde en goedhartigheid is van die eienskappe wat ons in ons handelinge met ander probeer openbaar (Gal. 5:22, 23). As jy ’n negatiewe toon of ’n bietjie pessimisme bespeur, moet jy die bewoording verander.

’n Brief kan plekke bereik wat jy nie kan nie. Hierdie feit alleen maak dit ’n waardevolle instrument vir die bediening. Aangesien jou brief jou en die dinge waarin jy glo, verteenwoordig, moet jy aandag skenk aan wat dit sê, hoe dit lyk en hoe dit klink. Dit kan moontlik voorsien presies wat nodig is om ’n kosbare siel op die weg van die lewe te kry, te versterk of aan te spoor.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel