Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb13 bl. 4-7
  • ’n Brief van die Bestuursliggaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van die Bestuursliggaam
  • 2013 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hou aan groei in jou liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • “Hou aan om liefde te betoon”
    Kom nader aan Jehovah
  • Liefde—die “uitnemender weg”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
2013 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb13 bl. 4-7

’n Brief van die Bestuursliggaam

Liewe broers en susters:

Ons hemelse Vader, Jehovah, is die verpersoonliking van liefde. Daarom sê die Bybel: “God is liefde” (1 Johannes 4:8). Hoewel Jehovah die Almagtige is, sê sy Woord nooit “God is krag” of “God is mag” nie. Sy heerskappy is hoofsaaklik op liefde gegrond. Hoe trek dit ons tog tot hom aan!

Gelukkig dwing Jehovah ons nie om hom te dien nie. Hy is nie ’n diktator nie. Hy wil hê dat ons hom uit hartgrondige liefde moet dien. As ons dit doen, toon ons dat ons wil hê dat hy oor ons moet regeer omdat ons glo dat sy manier van regeer reg en liefdevol is. Dit is al sedert die begin van die mensegeskiedenis duidelik.

Jehovah het Adam en Eva nie gedwing om hom te gehoorsaam nie, maar het hulle eerder die geleentheid gegee om self te besluit wat hulle wou doen. As hulle Jehovah werklik liefgehad het en waardeer het wat hy vir hulle gedoen het, sou hulle Satan se pogings om hulle in opstand te laat kom, weerstaan het.

Later het Moses in sy afskeidstoespraak aan die nasie Israel gesê: “Kyk, ek hou jou vandag die lewe en die goeie voor, en die dood en die kwaad” (Deut. 30:15). Die volk het die vryheid gehad om te besluit hoe hulle wou lewe. Josua het eweneens vir die Israeliete gesê: “As dit sleg is in julle oë om Jehovah te dien, kies dan vandag vir julle wie julle sal dien.” Die volk het Josua geantwoord en gesê: “Dit is vir ons ondenkbaar om Jehovah te verlaat” (Jos. 24:15, 16). Dit is ook hoe ons vandag voel. Omdat ons Jehovah liefhet, is dit vir ons “ondenkbaar” om hom te verlaat.

As lede van die Christengemeente het ons ’n duidelike begrip van wat wilsvryheid behels. Hoewel die ouer manne die gesag het om raad en selfs dissipline te gee, strewe hulle nie daarna om oor ander baas te speel of om hulle lewe of geloof te beheer nie. Die apostel Paulus het geskryf: “Nie dat ons die meesters oor julle geloof is nie, maar ons is medewerkers vir julle vreugde, want deur julle geloof staan julle.”—2 Kor. 1:24.

Hoe bevredigend is dit tog om iets te doen omdat ons dit wil doen en nie omdat ons gedwing word om dit te doen nie! Jehovah nooi ons om uit liefde te doen wat goed is. Ons kan die belangrikheid hiervan sien in Paulus se geïnspireerde woorde: “As ek al my besittings gee om ander te voed, en as ek my liggaam oorgee sodat ek kan roem, maar geen liefde het nie, baat dit my glad nie.”—1 Kor. 13:3.

Watter vreugde bring dit Jehovah tog—en watter lof—om te sien dat miljoene van ons broers en susters hom dien omdat hulle hom met hulle hele hart liefhet!

Jehovah is innig lief vir al sy knegte, insluitende julle, die kinders en tieners, wat toon dat julle lief is vir Jehovah en nie vir die wêreld en die selfbevrediging wat dit bied nie. Wees ook verseker dat ons julle innig liefhet.—Luk. 12:42, 43.

Uit liefde vir Jehovah het julle—ons broers, susters en jongmense—1 748 697 447 uur daaraan bestee om die goeie nuus te verkondig. Beweeg deur liefde, het 7 782 346 regoor die wêreld aan die veldbediening deelgeneem. Ons is bly dat 268 777 nuwelinge, waaronder baie jonges, hulle toewyding aan Jehovah deur waterdoop gesimboliseer het. Dit beteken dat daar elke naweek ’n gemiddelde van 5 168 gedoop is. Hoe hartverblydend is dit tog!

In hierdie tyd van die einde het God se volk te kampe met baie probleme, uitdagings, vervolging, siekte en party selfs met die ouderdom. Maar ons is vasbeslote om nooit ‘terug te deins’ of ‘moed op te gee’ nie. Ons is baie lief vir julle almal.—Heb. 10:39; 2 Kor. 4:16.

Julle broers

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel