SKATTE UIT GOD SE WOORD | PSALM 45-51
Jehovah sal nie ’n gebroke hart verag nie
Psalm 51 is deur Dawid geskryf nadat die profeet Natan die aandag gevestig het op Dawid se ernstige sonde met Batseba. Dawid se gewete het hom geteister, en hy het sy sonde nederig bely.—2Sa 12:1-14.
Dawid het gesondig, maar hy kon nog geestelik herstel
Voordat hy berou getoon en sy sonde bely het, het sy gewete hom ellendig laat voel
Hy het so gewroeg omdat hy God se goedkeuring verloor het dat hy gevoel het soos ’n man wie se gebeente verbrysel is
Hy het gesmag na vergifnis, geestelike herstel en die vreugde wat hy voorheen gehad het
Hy het Jehovah nederig gesmeek om hom te help sodat hy ’n begeerte kan ontwikkel om gehoorsaam te wees
Hy was vas oortuig dat Jehovah hom sal vergewe