Lied 110
God se wonderbare werke
Gedrukte weergawe
1. O God, u ken my sit en opstaan;
my gaan en lê dié het u afgemeet.
U ondersoek my, ken al my gedagtes;
als wat ek sê, als wat ek doen,
is wat u weet.
Dit was ook nie vir u verborge
toe ek gevorm is in die moederskoot.
U oë het selfs my embrio besigtig.
Ek loof die wonder van u weë,
u krag so groot.
U kennis, God, is groot en vreesinboes’mend;
dit weet my siel nog altyd alte goed.
Selfs as die duisternis my sou oorrompel,
u gees, o God, sal my selfs daar behoed.
Waar kan ek van u skuil, Jehovah?
Waar kan ek vlug, weg van u aangesig?
Nie na die hemel, nie eens diep in Sjeool,
want selfs die duisternis vir u is soos die lig.
(Sien ook Ps. 66:3; 94:19; Jer. 17:10.)