Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
4-10 SEPTEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | ESEGIËL 42-45
“Ware aanbidding word herstel!”
(Esegiël 43:10-12) “Wat jou betref, o mensekind, lig die huis van Israel in omtrent die Huis, sodat hulle weens hulle oortredings verneder kan voel, en hulle moet die voorbeeld meet. 11 En as hulle verneder voel weens alles wat hulle gedoen het, moet jy die grondplan van die Huis en sy uitleg en sy uitgange en sy ingange, en al sy grondplanne en al sy spesifikasies, en al sy grondplanne en al sy wette aan hulle bekend maak en dit voor hulle oë opskryf, sodat hulle op sy hele grondplan en al sy spesifikasies kan let en dit kan uitvoer. 12 Dit is die wet van die Huis. Op die top van die berg is sy hele gebied rondom iets hoogheiligs. Kyk! Dit is die wet van die Huis.
it-2-E 1082 ¶2
Tempel
Esegiël se tempelvisioen. In 593 VHJ, in die 14de jaar ná die vernietiging van Jerusalem en Salomo se tempel wat daar gestaan het, is die priester-profeet Esegiël in ’n visioen na ’n hoë bergtop geneem, waar hy ’n groot tempel van Jehovah aanskou het (Ese 40:1, 2). Esegiël is beveel om alles wat hy gesien het aan “die huis van Israel” te vertel. Hy moes dit doen om die Jode in ballingskap te verneder en tot berou te beweeg en ongetwyfeld ook om getroues te vertroos (Ese 40:4; 43:10, 11). Die afmetings in die visioen was baie akkuraat. Die maateenhede wat gebruik is, was die “meetriet” (die lang meetriet, 3,11 m) en die “el” (die lang el, 51,8 cm) (Ese 40:5). Hierdie akkurate mates het party laat glo dat die tempel in die visioen se afmetings as ’n model gebruik is vir die tempel wat later ná die ballingskap deur Serubbabel opgerig is. Maar daar is geen vaste bewyse hiervoor nie.
Soek na geestelike skatte
(Esegiël 43:8, 9) deurdat hulle hulle drumpel by my drumpel sit en hulle deurpos langs my deurpos, met die muur tussen my en hulle. En hulle het my heilige naam verontreinig deur hulle verfoeilike dinge wat hulle gedoen het, sodat ek hulle in my toorn uitgeroei het. 9 Laat hulle nou hulle hoerery en die lyke van hulle konings ver van my af verwyder, en ek sal beslis tot onbepaalde tyd in hulle midde woon.
it-2-E 467 ¶4
Naam
Omdat Israel as God se naamvolk nie volgens sy regverdige bevele gelewe het nie, het hulle God se naam verontreinig en ontheilig (Ese 43:8; Am 2:7). Die Israeliete se ontrouheid het daartoe gelei dat God hulle gestraf het, maar dit het ook veroorsaak dat ander nasies sy naam met minagting bejeën het. (Vergelyk Ps 74:10, 18; Jes 52:5.) Hierdie nasies het nie besef dat Jehovah sy volk gestraf het nie, en het verkeerdelik gedink dat Jehovah Israel nie teen rampspoed kon beskerm nie. Om sy naam van sulke smaad te suiwer, het Jehovah ’n oorblyfsel van Israel ter wille van sy naam in hulle land herstel.—Ese 36:22-24.
(Esegiël 45:9, 10) “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Dit is genoeg, o owerstes van Israel!’ “ ‘Verwyder die geweld en die plundering, en beoefen geregtigheid en regverdigheid. Hef julle onteienings op van my volk’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 10 ‘Julle moet ’n akkurate weegskaal en ’n akkurate efa en ’n akkurate bat hê.
it-2-E 140
Geregtigheid
Daarom het Jehovah nog altyd met reg vereis dat diegene wat sy goedkeuring wil verkry, sy standaarde van geregtigheid moet leer en moet volg (Jes 1:17, 18; 10:1, 2; Jer 7:5-7; 21:12; 22:3, 4; Ese 45:9, 10; Am 5:15; Mi 3:9-12; 6:8; Sag 7:9-12).
11-17 SEPTEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | ESEGIËL 46-48
Soek na geestelike skatte
(Esegiël 47:6) Daarop het hy vir my gesê: “Het jy dit gesien, o mensekind?” Toe het hy my laat loop en my na die oewer van die stroom laat terugkeer.
it-2-E 1001
Mensekind
In die Hebreeuse Geskrifte kom hierdie uitdrukking die meeste kere in die boek van Esegiël voor, waar God die profeet meer as 90 keer “mensekind” noem (Ese 2:1, 3, 6, 8). Hierdie titel wat so gebruik word, beklemtoon dat die profeet net ’n mens is. Dit wys die groot kontras tussen die menslike spreker en die Bron van sy boodskap, die Allerhoogste God. Hierdie titel word ook gebruik vir die profeet Daniël in Daniël 8:17.
18-24 SEPTEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | DANIËL 1-3
Soek na geestelike skatte
(Daniël 1:5) Daarbenewens het die koning vir hulle ’n daaglikse porsie vasgestel van die lekkernye van die koning en van die wyn wat hy gedrink het, ja, om hulle drie jaar lank te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kon staan.
(Daniël 1:8) Maar Daniël het in sy hart besluit dat hy hom nie sou verontreinig met die lekkernye van die koning en met die wyn wat hy gedrink het nie. En hy het die hoofhofbeampte bly versoek dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.
it-2-E 382
Mesag
Daar is waarskynlik drie redes waarom hulle gedink het dat die koning se lekkernye hulle sou ‘verontreinig’: (1) Die Babiloniërs het diere geëet wat deur die Mosaïese Wet as onrein beskou is; (2) hulle sou nie sorg dat die diere behoorlik gebloei is nie, en party is dalk verwurg; (3) die heidene het dikwels die diere eers aan hulle gode geoffer, aangesien hulle sulke vleis geëet het as deel van aanbidding aan hierdie gode.—Da 1:8; vergelyk 1Ko 10:18-20, 28.