DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Wat gaan jy doen in die jaar van droogte?
Geloof en vertroue gaan hand aan hand. Sterk geloof in Jehovah sal ons byvoorbeeld help om te vertrou dat hy ons sal beskerm en vir ons sal sorg (Ps 23:1, 4; 78:22). Omdat die einde van hierdie stelsel nader kom, kan ons verwag dat Satan ons al hoe meer sal aanval (Op 12:12). Wat sal ons help?
KYK NA DIE VIDEO WAT GAAN JY DOEN IN DIE JAAR VAN DROOGTE?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe is ons soos die “boom” wat in Jeremia 17:8 genoem word?
Wat is een voorbeeld van “hitte”?
Watter uitwerking het dit op die “boom”, en hoekom?
Wat wil Satan vernietig?
Hoe is ons soos ervare passasiers op ’n vliegtuig?
Hoekom moet ons aanhou om die getroue en verstandige slaaf te vertrou, en hoe sal ons vertroue getoets word?
Hoekom moet ons aanhou om Bybelbeginsels te vertrou, al bespot mense in die wêreld ons daarvoor?