Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 20
  • Hulp vir hospitaalwerkers wat baie stres deurmaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp vir hospitaalwerkers wat baie stres deurmaak
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kloof tussen dokters en Getuiepasiënte word oorbrug
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Hospitale—Wanneer jy ’n pasiënt is
    Ontwaak!—1991
  • Goeie stres, slegte stres
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 20
’n Mediese werker lees ’n gedrukte artikel van jw.org in ’n hospitaalgang.

Hulp vir hospitaalwerkers wat baie stres deurmaak

Bryn, wat in Noord-Carolina, VSA, woon, is ’n lid van ’n plaaslike Hospitaalskakelkomitee, wat ten nouste met hospitale saamwerk om vir die behoeftes van pasiënte te sorg wat Getuies van Jehovah is.

As gevolg van die COVID-19-pandemie het baie hospitale geen besoekers toegelaat nie. Bryn het die direkteur van pastorale sorg by ’n plaaslike hospitaal gebel om uit te vind hoe hy Getuie-pasiënte kan ondersteun.

Bryn is na die direkteur se assistent deurgeskakel. Omdat geen besoekers toegelaat is nie, het Bryn gevra of die hospitaal sy telefoonnommer vir Getuie-pasiënte sou gee sodat hy met hulle kon praat. Die antwoord was ja.

Bryn het toe aan die hospitaalwerkers gedink. Hy het vir die assistent gesê dat hy die hospitaal se werk waardeer en hoop dat hulle gesond is. Hy het ook gesê dat hy gelees het dat mense oral, veral hospitaalwerkers, baie stres deurmaak as gevolg van die pandemie.

Die assistent het bevestig dat COVID-19 baie stres by die hospitaal veroorsaak het.

Bryn het toe gesê: “Daar is inligting op ons webwerf wat mense kan help om stres te hanteer. As jy na jw.org gaan en die woord ‘stres’ in die soekvenster tik, sal jy aanmoedigende artikels vir julle personeel kry.”

Terwyl hulle nog gepraat het, het die assistent na die webwerf gegaan, die woord “stres” in die soekvenster getik en van die artikels gesien. Hy het gesê: “Sjoe! Ek sal dit vir die direkteur wys. Dit sal ons personeel en ander help. Ek gaan kopieë druk en dit uitdeel.”

’n Paar weke later het Bryn met die direkteur gepraat en die direkteur het bevestig dat hulle na die webwerf gegaan het en kopieë van artikels oor stres en soortgelyke onderwerpe gedruk het. Hulle het dit vir verpleegsters en ander personeellede by die hospitaal gegee.

Bryn het gesê: “Die direkteur het vir my dankie gesê vir ons werk en die artikels wat so goed geskryf is. Dit het hulle baie gehelp.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel