Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 4/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 4/22 bl. 30

Van ons lesers

Negatiewe emosies Ek is ’n 12-jarige meisie en het werklik die reeks artikels “Jy kan negatiewe emosies te bowe kom” geniet (8 Oktober 1992). Ek het probleme met my vriende en skoolmaats gehad. Dit was alles as gevolg van die negatiewe manier waarop ek dinge altyd beskou het. Die artikels het my geleer om ’n positiewer beskouing te hê.

A. C., Italië

Aangesien ek oor die afgelope twee jaar vir ’n reeks emosionele en hormoonprobleme behandel is, weet ek uit ondervinding dat julle wenke werk. Ek het twee dae gelede ’n terugslag gehad en wou net moed opgee. My man, wat altyd geduldig is, het gesê ek moet die artikels weer lees. Hulle het al die bemoediging bevat wat ek nodig gehad het en het my die wilskrag gegee om weer te probeer.

J. L., Engeland

Ouers wat hulle skandelik gedra Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Sê nou een van my ouers het ons in die skande gesteek?” (22 Oktober 1992). Dit het my baie aangemoedig. My pa het my onlangs verbied om Christelike vergaderinge by te woon. Maar toe ek die artikel lees, het dit my gehelp om te besef dat ek nie in hierdie situasie alleen is nie en dat ek op Jehovah se hulp kan staatmaak.

K. L. R., Frankryk

My pa is ’n onaktiewe Christen. My ma is uit die gemeente gesit en staan die waarheid teë. Sy het my eenkeer 36 uur lank sonder kos laat gaan omdat ek in die predikingswerk uitgegaan het. Sy het my ook geslaan. Ek huil soms oor my ouers se geestelike toestand. Julle kan julle dus net voorstel hoeveel julle artikel my bemoedig en my geloof versterk het. Ek is vasbeslote om by Bybelbeginsels te bly.

E. J., Nigerië

My pa is ook uitgesit en ’n paar van my broers en susters is al tereggewys of uitgesit. Ander het gedink dat ek ook soos hulle is, maar ek is nou getroud en dien al ’n jaar lank as ’n voltydse verkondiger van die goeie nuus. Ja, ’n mens kan werklik wys dat jy anders is.

D. R., Verenigde State

Ons beskou die wêreld Dankie dat julle die kort nuusbrokkies in “Ons beskou die wêreld” druk. Aangesien ek so ’n beskermde, maklike lewe lei, moet ek my voortdurend verseker van die feit dat ons inderdaad in die laaste dae lewe. “Ons beskou die wêreld” het baie gehelp om my te oortuig van hoe siek en verdorwe hierdie ou wêreld in werklikheid is. Hou asseblief aan om dit gereeld te publiseer.

M. G., Verenigde State

Brief aan ouers Die artikel “’n Brief aan Ma en Pa” (8 Oktober 1992) het my oë vol trane laat skiet. Dit het my laat besef hoe moeilik dit vir my ouers was om hulle agt kinders groot te maak. Op 42-jarige leeftyd het ek dus ook ’n bedankingsbrief aan Ma en Pa geskryf.

J. D., Verenigde State

Ek was baie hartseer toe ek dit lees, want my ouers het my nie een van die dinge gegee wat daardie jong man opnoem nie. Maar toe ek dit weer lees, het ek besef hoeveel Jehovah, ons hemelse Vader, vir my en vir soveel ander gedoen het. Hy het my geleer om lief te hê en het my getugtig wanneer ek dit nodig gehad het. Sodoende het hy my in ’n mate bevry van die ongelukkige kinderjare wat ek deurgemaak het.

C. A., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel