Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Waak teen skadelike musiek!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Wat is fout met my musiek?
    Ontwaak!—1993
  • Kan musiek my regtig benadeel?
    Ontwaak!—1993
  • Sal jy wyse keuses maak?
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Die wetenskap Ek skryf om julle geluk te wens met julle reeks van ses dele oor “Die wetenskap—Die mensdom se voortdurende soeke na waarheid” (8 April tot 22 Junie 1993). Julle artikels was onbevooroordeeld en leersaam. Ek is self ’n wetenskaplike en was verstom om uit te vind hoeveel die Griekse filosowe, naamlik Aristoteles, Plato en ander, die wetenskaplike denkwyse beïnvloed het.

O. O., Verenigde State

In deel ses van julle reeks (22 Junie 1993) het julle gesê: “Die vernietiging van die omgewing waarvoor die wetenskap verantwoordelik is, is verskriklik.” Die wetenskap is nie verantwoordelik vir die misbruik van sy skeppings nie. Die skuld rus op regerings wat verouderde regstegnieke toepas om die gebruik van tegnologie te beheer.

C. C. R., Verenigde State

Die reeks het nie die skuld vir die aarde se omgewingsprobleme net op wetenskaplikes probeer plaas nie. Trouens, die voorafgaande sin het onomwonde gesê dat die wetenskap bloot sulke probleme “help skep” het. Vorige artikels in die reeks het getoon dat wetenskaplikes die skuld met politici, sakelui en verbruikers moet deel.—RED.

Afsondering Dankie vir die lewensverhaal van Pepita Abernathy, “’n Lonende lewe ondanks afsondering” (22 Februarie 1993). Dit het my diep ontroer. Ek het dit nog altyd moeilik gevind om vir vriende te getuig of in ’n gebied te werk waar daar min belangstelling is. Maar Pepita Abernathy het in verskillende dele van die wêreld gepreek, selfs toe sy nie die taal geken het nie! My gesindheid teenoor die predikingswerk het nou heeltemal verander.

J. W., Verenigde State

Musiek Ek het so pas die reeks oor “Moderne musiek—Onskadelike pret?” (8 Junie 1993) gelees. Toe ek op hoërskool was, het heavy metal-musiek my betower. My slegte gewoontes en rebelse gesindheid is veroorsaak deur die idees wat in hierdie duistere, bose musiek uitgebeeld word. Maar hoe nader ek aan Jehovah gekom het, hoe meer het ek dit begin haat om daardie musiek selfs net te hoor!

L. K., Verenigde State

Julle het ons as jongmense nuttige raad gegee wat op die jongste betroubare bronne gegrond is. Sommige jongmense het gedink dat musiek aanvaarbaar is solank dit nie as heavy metal of rap geklassifiseer kan word nie, selfs al moedig dit onsedelikheid, geweld en dwelmmisbruik aan. Hierdie artikels het dié verkeerde idee weerlê. Nou weet ons almal hoe om meer selektief te wees wanneer ons ons musiek kies.

F. M., Italië

My tienerseun is onlangs uit die Christengemeente gesit. Ek het my bes probeer om te verhoed dat hy na rap-musiek luister—ek het met hom geredeneer, Bybelbeginsels met hom bespreek en saam met hom artikels oor die onderwerp gelees. Maar hy het aangehou om in die geheim na rap te luister, want hy het gedink dat dit hom glad nie beïnvloed nie. Maar hy het later baie van die slegte dinge gedoen wat in hierdie musiek verheerlik word. Ek het nog nie van die skok van my seun se val herstel nie. Ek hoop dat alle Christenouers waardering vir hierdie inligting sal toon deur dit saam met hulle kinders te lees en te bestudeer.

G. C., Verenigde State

Julle toon nie net watter soort musiek vermy moet word nie, maar julle rugsteun julle stellings met onweerlegbare, tog vriendelike en liefdevolle, redenasies. Ons kry die gevoel dat dit julle opregte begeerte is om jongmense te help sodat hulle aan hierdie volslae korrupte wêreld kan ontvlug.

B. V., Frankryk

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel