Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 8/22 bl. 31
  • OSCE—Wat is dit? Sal dit welslae behaal?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • OSCE—Wat is dit? Sal dit welslae behaal?
  • Ontwaak!—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sy doelwit
  • Die mens se planne vir internasionale veiligheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • ‘En toe val die muur’
    Ontwaak!—1991
  • Die Bybel se beskouing van vrede en veiligheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 8/22 bl. 31

OSCE—Wat is dit? Sal dit welslae behaal?

Deur Ontwaak!-medewerker in Portugal

NÁ DIE Tweede Wêreldoorlog het ’n magstryd tussen die Westerse demokratiese kapitalistiese lande en die Oosterse Kommunistiese Sowjetblok ontstaan. Elke blok het sy eie veiligheidsorganisasie ontwikkel: die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) in die Weste en die Warskou-verdrag in die Ooste.

Teen 1975 het die Koue Oorlog genoegsaam ontdooi dat 35 state, waaronder die Verenigde State en Rusland, die so genoemde Helsinki-verdrag onderteken het. Die Konferensie oor Veiligheid en Samewerking in Europa (CSCE) het tot stand gekom. Dit was ’n multilaterale forum vir gesprekvoering en onderhandeling tussen die twee blokke.

By die Boedapest-spitsberaad in 1994 het die CSCE sy naam na die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OSCE) verander. Vandag bestaan dit uit 54 deelnemende state, met inbegrip van die Verenigde State, Kanada en al die lande van die voormalige Sowjetunie.

Sy doelwit

Die doelwit van die lidlande van die OSCE is om die veiligheid van Europa te verseker, asook om die toepassing van menseregte, ontwapening, demokratiese vryheid en die hantering van streekskonflik te bevorder.

Op 2 en 3 Desember 1996 is ’n spitsberaad van die OSCE in Lissabon, Portugal, gehou. Die aandag is aanvanklik op NAVO toegespits, aangesien verskeie NAVO-lede, waaronder die Verenigde State, ten gunste is van die uitbreiding van NAVO om meer nasies van Sentraal- en Oos-Europa in te sluit. Maar Rusland en sommige van sy eertydse Oosblok-bondgenote steun nie die uitbreiding van NAVO om eertydse Oosblok-bondgenote in te sluit nie, maar wil eerder hê dat die OSCE die forum vir aangeleenthede ten opsigte van Europese veiligheid moet word.

Die Russiese eerste minister, Viktor Chernomyrdin, het by die vergadering gesê: “Ons is ten gunste van die versterking van OSCE, wat die enigste plek in Europa is waar al die state kan saamwerk. Dit is die beste internasionale plek om veiligheid en verdediging te bespreek.”

Teen die einde van die spitsberaad het dit voorgekom asof die stralende namiddagson ’n atmosfeer van algemene optimisme geskep het, ten spyte van die opmerkings deur die media oor sy onsekere resultate. Wat ook al die welslae of mislukking van die OSCE, liefhebbers van vrede in alle wêrelddele kan daarvan verseker wees dat ware vrede en veiligheid binnekort onder die heerskappy van God se Koninkryk aardwyd ’n werklikheid sal word.—Psalm 72:1, 7, 8.

[Prent op bladsy 31]

Die Kulturele Sentrum van Belém, in Lissabon, Portugal, waar die konferensie gehou is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel