Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g00 3/22 bl. 31
  • ’n Wilde juweel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wilde juweel
  • Ontwaak!—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dit reën nooit in Lima nie?”
    Ontwaak!—2003
  • Hoe suinige plante hulle water berg
    Ontwaak!—1992
  • Beter tye is op hande!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Die verbasende ontwerp van lewende dinge
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Ontwaak!—2000
g00 3/22 bl. 31

’n Wilde juweel

IN DROË WOESTYNE van Afrika waar reën skaars is, groei ’n juweel—die woestynroos, oftewel impalalelie. Hierdie plant, met sy delikate vorm en gedraaide takke, groei stadig en word glo honderde jare oud. Die struik se verdikte stam en sy wortels dien as ’n waterbergplek, wat dit in staat stel om in ’n droë, onherbergsame omgewing te floreer.

Die melkerige sap, wortels en sade van hierdie vlesige plant bevat ’n dodelike gif. ’n Aftreksel van die sade word as gif aan pylpunte gebruik, en plaaslike vissermanne gooi die takke in die water om visse te verdoof om ’n maklike vangs te maak. Dan gebruik veewagters ook dele van die plant om ’n gif voor te berei wat luise op hulle kamele en vee doodmaak. Verbasend genoeg vreet wilde diere die struik se blare sonder om enigiets oor te kom, al is dit giftig.

Maar waarom kan die giftige woestynroos ’n juweel genoem word? Wanneer die woestynroos met delikate bloeisels oortrek is, is dit ’n lus vir die oog, met pragtige kleure wat wissel van helder pienk tot diep karmosynrooi. Wanneer die land droog en vaal is, bring hierdie pragtige wilde juweel ’n ryk skouspel van blomme voort wat in die sonlig glinster.

Sulke verbasende prag in die woestyn is bloot ’n herinnering aan die tyd wanneer “die woestyn en die dor land . . . [sal] bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing” (Jesaja 35:1). Hierdie hartverblydende belofte sal beslis ’n werklikheid word onder die komende heerskappy van God se Koninkryk. Dan sal die hele aarde “bly” wees en nie net ’n pragtige paradys word nie, maar ook ’n plek van vrede vir die hele mensdom.—Psalm 37:11, 29; Jesaja 35:6, 7.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

© Mary Ann McDonald

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel