“Hulle sal van hul swaarde pikke smee”—Wanneer?
’N BEKENDE standbeeld by die Verenigde Nasies in die stad New York beeld ’n man uit wat van sy swaard ’n pik smee. Dit is gebaseer op die Bybelprofesieë van Jesaja hoofstuk 2, vers 4, en Miga hoofstuk 4, vers 3. Hoe en wanneer sal hierdie woorde vervul word?
’n Onlangse berig in The New York Times het die opskrif gehad: “Wêreldwye wapenverkope styg tot $30 miljard [R227 miljard]”! Wie was in 1999 die vernaamste verskaffers van hierdie groot verskeidenheid wapens? Die Verenigde State was eerste met verkope van $11,8 miljard (R89 miljard). Rusland was tweede met minder as die helfte van daardie bedrag. Maar Rusland se verkope het amper verdubbel in vergelyking met die vorige jaar. Volgende was Duitsland, China, Frankryk, Brittanje en Italië. Dieselfde berig het verder gesê: “Soos in die verlede is ongeveer twee derdes van alle wapens aan ontwikkelende lande verkoop.”
Ná twee wêreldoorloë en baie ander groot oorloë gedurende die 20ste eeu, waarin honderdmiljoene mense dood of gewond is, wonder ’n mens: “Wanneer sal die nasies ooit vrede leer en nie oorlog nie?” Die Bybel toon dat dit “aan die einde van die dae” sal gebeur (Jesaja 2:2). Trouens, hierdie profesie word alreeds vervul, aangesien nagenoeg sesmiljoen Getuies van Jehovah toelaat dat ‘Jehovah hulle leer’. Gevolglik geniet hulle ‘oorvloedige vrede’.—Jesaja 54:13, NW.
Binnekort sal Jehovah ’n einde maak aan alle wapens en oorloë en diegene wat dit bevorder, want hy sal ‘die verderwers van die aarde verderf’. Tree gerus in verbinding met Jehovah se Getuies in jou omgewing of skryf aan die gepaste adres op bladsy 5 as jy meer oor hierdie wonderlike verandering wil uitvind.—Openbaring 11:18.