Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 10/8 bl. 31
  • Die boom wat vroeg ontwaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die boom wat vroeg ontwaak
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly wakker, soos Jeremia
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • “Die bome van Jehovah word versadig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Dink aan jou Grootse Skepper!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Aäron se staf kry blomme
    My boek met Bybelverhale
Ontwaak!—2001
g01 10/8 bl. 31

Die boom wat vroeg ontwaak

AAN die einde van Januarie of vroeg in Februarie ondergaan baie van Israel se terrasheuwels ’n dramatiese verandering. Nadat amandelbome uit hulle winterslaap ontwaak het, raak hulle oortrek van bloeisels. Aangesien dit een van die bome is wat die vroegste bot, geniet die amandelboom gewoonlik al die aandag. Sy wit en pienk bloeisels wat die winterlandskap versier, laat ons aan Salomo se woorde in Prediker 12:5 dink. Hy vergelyk daar die wit hare van bejaardes met ‘die amandelboom wat in bloei staan’.

Met die oog op die amandelboom se vroeë bloeityd is die letterlike betekenis van die Hebreeuse woord vir amandel, “die een wat ontwaak”, heel gepas. Dit word dus etlike kere in treffende illustrasies in die Bybel gebruik. Die profeet Jeremia het byvoorbeeld ’n loot, of tak, van ’n amandelboom in ’n visioen gesien. Wat het dit afgebeeld? “Ek is wakker oor my woord om dit te volbring”, het Jehovah vir hom gesê (Jeremia 1:11, 12). Jehovah word natuurlik nooit moeg nie, hy slaap ook nie. Maar sy woorde het sy begeerte beklemtoon om sy werk te voltooi.—Jesaja 40:28.

Eeue voor Jeremia se dag is ’n amandelstaf met bloeisels gebruik om die een te identifiseer wat deur Jehovah as hoëpriester aangestel is. ’n Staf is vir elkeen van die 12 stamme van Israel in die tent van samekoms voor Jehovah neergesit. Die volgende oggend het Aäron se amandelstaf nie alleen wonderbaarlik bloeisels voortgebring nie, maar ook ryp amandels gedra! Hierdie amandelstaf is ’n ruk lank in die verbondsark gehou as ’n teken vir die nasie, sodat hulle nooit weer teen Jehovah se aangestelde verteenwoordigers sou murmureer nie.—Numeri 16:1-3, 10; 17:1-10; Hebreërs 9:4.

Jehovah wou hê dat afbeeldings van die amandel se pragtige bloeisels die goue kandelaar met sewe arms, wat die Heilige van die tabernakel verlig het, moes versier. Volgens Moses se opgetekende beskrywing was daar “drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom—so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme.”— Exodus 37:19, 20.

Hoewel die Bybel selde van die amandelboom melding maak, vestig dit tog ons aandag op sy pragtige wit bloeisels en sy vroeë ontwaking. Maar hierdie pragtige boom herinner ons bowenal aan die feit dat Jehovah nie sal rus totdat hy sy voorneme uitgevoer het nie.—Jesaja 55:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel