Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 12/8 bl. 13-15
  • Kindersport—Die nuwe epidemie van geweld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kindersport—Die nuwe epidemie van geweld
  • Ontwaak!—2002
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wen ten alle koste
  • Wat ouers kan doen
  • Moet ek by ’n sportspan aansluit?
    Ontwaak!—1996
  • Probleme in hedendaagse sport
    Ontwaak!—1991
  • Hou sport op sy regte plek
    Ontwaak!—1991
  • Moet ek by die skoolspan aansluit?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 12/8 bl. 13-15

Kindersport—Die nuwe epidemie van geweld

◼ ’n Groep hoërskoolleerlinge kom bymekaar om Amerikaanse voetbal te speel. Die wedstryd loop op ’n rusie uit, waarin meer as 100 ouers, afrigters en spelers op mekaar skreeu en handgemeen raak nadat ’n doel in ekstra tyd een span die oorwinning laat behaal het.

◼ ’n Groep kinders speel saam voetbal waaraan seuns en meisies kan deelneem. Wanneer ’n tienjarige speler die bal laat val, gooi sy afrigter hom op die grond neer en breek hy albei sy arms.

◼ Die afrigter van ’n bofbalspan in die juniorliga haal gedurende ’n wedstryd een van sy spelers van die veld af. Die seun se pa dreig om die afrigter dood te maak en word tot 45 dae tronkstraf gevonnis.

◼ Terwyl kinders vir ’n yshokkiewedstryd oefen, begin twee pa’s oor die toepassing van spelreëls stry. Voor die een se drie kinders slaan die ander pa hom totdat hy dood is.

SULKE skrikwekkende verslae is deesdae ontstellend algemeen. Op sportvelde, basketbalbane, ysskaatsbane en speelterreine lyk dit of ’n nuwe epidemie van geweld versprei. Dit word veroorsaak deur ouers en afrigters wat eerder sal baklei as om te verloor. Jeffrey Leslie, president van die Atletiekvereniging van Jupiter-Tequesta (Florida), sê: “Ek het al gesien hoe ouers op hulle kinders skreeu en te veel druk op hulle plaas om te presteer; hoe kinders tydens wedstryde baklei, terwyl hulle deur hulle ouers aangehits word; hoe kinders op die gooiersplaat staan en huil omdat hulle ouers hulle . . . in die verleentheid gestel het.” Hy voeg by: “Daar is niks soos jeugsport om die ergste in ouers na vore te bring nie.” Om kinders teen sulke geweld te beskerm, moes sommige gemeenskappe drastiese stappe neem deur party ouers te verbied om hulle kinders se sportwedstryde by te woon.

Wat het hierdie epidemie van woede tot gevolg gehad? “Hierdie skandelike gedrag van al hoe meer volwassenes”, sê Fred Engh, stigter en president van die Nasionale Alliansie vir Jeugsport in Florida, “besoedel jeugsport, bederf die pret en dra die verkeerde boodskap aan miljoene kinders oor.”

Wen ten alle koste

Die oorsaak van hierdie probleem is blykbaar party ouers se begeerte om te sien dat hulle kinders ander kinders oortref en ten alle koste wen. ’n Verteenwoordiger van die Instituut vir die Voorkoming van Kindermishandeling, in Kanada, sê: “Wanneer alles oor wen gaan, wanneer alles oor krag gaan, skep dit ’n milieu waarin kwesbare mense ly. In hierdie tipe sport is die kinders die kwesbares.” ’n Amptenaar van die Assosiasie vir Fisiese en Gesondheidsopvoeding van Ontario (Kanada) sê dat kinders wat onder sulke druk verkeer, “op ’n vroeë ouderdom sielkundige probleme kan ontwikkel. En wanneer hulle ouer word, sal hulle dit [dalk] moeilik vind om mislukking te verwerk.”

Dit is nie verbasend dat die woede van ouers en oorywerige afrigters dikwels aan die jong atlete self oorgedra word nie. Gedurende een vlugbalwedstryd vir meisies het spelers die skeidsregters sewe keer aangeval. ’n Meisie wat uit ’n tenniswedstryd geskop is, het daarop gereageer deur ’n beampte se motor te beskadig. Toe ’n skeidsregter sy fluitjie geblaas het nadat ’n hoërskoolstoeier ’n fout begaan het, het die stoeier sy voorkop so hard teen die skeidsregter s’n gestamp dat hy hom uitgeslaan het. “In die verlede kon ’n mens goeie sportmanskap ten minste nog in jeugsport vind”, sê Darrell Burnett, ’n kliniese kinder- en jeugsportsielkundige. “Dit is nie meer die geval nie. Dis nie meer net ’n spel nie.”

Wat ouers kan doen

Dit sal goed wees as ouers onthou dat pret en oefening die redes is waarom kinders sport geniet. Om kindersport in ’n bedrywigheid te verander wat baie spanningsvol is en om kinders uit te skel, is derhalwe teenproduktief—en nie liefdevol nie. Die Bybel sê: “Vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie.”—Efesiërs 6:4, Die Bybel, 1983.

Wat kan ’n ouer help om in hierdie opsig gebalanseerd te wees? Eerstens sal dit dalk help as jy in gedagte probeer hou hoe dit was toe jy jonk was. Kon jy werklik net so goed soos beroepspelers speel? Is dit redelik om dit van jou seun of dogter te verwag? Kinders is per slot van rekening “delikaat” (Genesis 33:13). Probeer ook om die regte beskouing van wen en verloor te behou. Die Bybel noem onbeheerste wedywering “nietigheid en ’n gejaag na die wind”.—Prediker 4:4.

Dit is interessant dat ’n voormalige bofbalspeler in die seniorliga ouers aanmoedig om wen en verloor in perspektief te hou en om nie kwaad te word wanneer ’n kind nie goed speel nie en ook nie te opgewonde te raak wanneer hy of sy wen nie. Ouers moenie alles om wen laat draai nie, maar moet eerder op die kinders se genot konsentreer sowel as op die voordeel daarvan as hulle fiks bly.

Party ouers het dus tot die gevolgtrekking gekom dat georganiseerde kindersport geneig is om ’n ongesonde gees van mededinging aan te moedig. Dit beteken egter nie dat hulle kinders nie saam met ander kan speel nie. Baie Christenouers het byvoorbeeld gevind dat hulle kinders dit geniet om saam met medegelowiges by die huis of in ’n park te speel. Sodoende het die ouers meer beheer oor wie hulle kinders se vriende is. Gesinsuitstappies bied dalk ook goeie geleenthede vir kinders om te speel. ’n Vriendelike spel saam met ’n paar maats sal weliswaar dalk nie dieselfde opwinding hê as om in ’n wenspan te wees nie. Maar moet nooit vergeet nie dat “liggaamlike oefening [eintlik] min voordeel [het]; maar godvrugtige toegewydheid is voordelig vir alles” (1 Timoteus 4:8). Deur hierdie gebalanseerde beskouing van sport te behou, kan jy voorkom dat jou kind ’n slagoffer van die nuwe epidemie van geweld word.

[Prente op bladsy 15]

Sport moet pret wees, nie ’n bron van konflik nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel