Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 3/8 bl. 31
  • ’n Man wat gekies het om God te gehoorsaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Man wat gekies het om God te gehoorsaam
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle het hulle belofte nagekom!
    Ontwaak!—1999
  • Word vertroos—Vertroos ander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Al is ek skaam, sal ek dit weer doen!
    Lewensverhale van Jehovah se Getuies
  • Werk wat jou gelukkig kan maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 3/8 bl. 31

’n Man wat gekies het om God te gehoorsaam

IN DIE donker dae van 1937 toe uiteenlopende ideologieë spanning in baie Europese lande veroorsaak het, het ware Christene voor moeilike keuses te staan gekom. Moet hulle gehoorsaam wees aan God of aan mense? (Handelinge 5:29). Jong mans wat opgeroep is vir militêre diens, het geweet dat gehoorsaamheid aan God hulle hulle lewe kon kos.

Antonio Gargallo was ’n 19-jarige Spanjaard wat voor so ’n keuse te staan gekom het. Die burgeroorlog in Spanje het alreeds omtrent ’n jaar lank geduur toe generaal Franco se nasionalistiese magte hom vir diensplig opgeroep het. Die vorige jaar is Antonio as een van Jehovah se Getuies gedoop en het hy die skriftuurlike raad gelees dat God se knegte neutraal moet bly en nie eens moet leer om oorlog te voer nie (Jesaja 2:4; Johannes 17:16). Omdat Antonio nie ’n soldaat wou word en sy landgenote wou doodmaak nie, het hy na Frankryk probeer vlug. Hy is egter in hegtenis geneem en na soldatekwartiere in Jaca, Huesca, naby die Franse grens geneem.

’n Militêre tribunaal het hom voor ’n moeilike keuse gestel: Neem die wapen op of word tereggestel. Antonio het besluit om God te gehoorsaam. Kort voor hy tereggestel is, het hy die volgende brief aan sy ma en suster, wat nie Jehovah se Getuies was nie, geskryf:

“Ek is gearresteer en sonder ’n verhoor ter dood veroordeel. Vanaand sal my lewe op aarde eindig. Moenie onsteld raak of huil nie . . . , want ek was gehoorsaam aan God. Hoe dit ook al sy, ek verloor baie min, want as dit God se wil is, sal ek ’n nuwe en beter lewe hê. . . . Terwyl my laaste uur nader kom, voel ek baie kalm. Ontvang asseblief hierdie laaste omhelsing van julle seun en broer wat julle waarlik liefhet.”a

Drie soldate vertel dat Antonio op pad na sy teregstelling lofliedere tot eer van Jehovah gesing het. God en sy Seun sien beslis sulke opofferinge raak. Ons kan seker wees dat getroue Christene, soos Antonio, beloon sal word met ’n opstanding.—Johannes 5:28, 29.

[Voetnoot]

a Antonio se brief wat dekades lank in ’n Spaanse militêre argief gelê het, het nooit sy ma bereik nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel