Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 8/22 bl. 15
  • Insekafweermiddel—Vir ape!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insekafweermiddel—Vir ape!
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • “Kyk net daardie neus!”
    Ontwaak!—2012
  • Die raaisel van die ape op die Rots
    Ontwaak!—2008
  • Aapwysheid
    Ontwaak!—1991
  • My Bybellesse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 8/22 bl. 15

Insekafweermiddel—Vir ape!

DIE tropiese woude van Venezuela is die tuiste van ’n hoogs intelligente primaat, die bruin kapusyneraap. Wanneer die reënseisoen in die aap se oerwoudtuiste aanbreek, bring dit ook iets anders saam—wolke van genadelose muskiete. Die insekte is nie net ’n las nie, maar is ook gevaarlik. Hulle dra dikwels die eiers van die parasitiese perdevlieg, wat aftakelende, swerende siste kan veroorsaak wanneer dit onder die aap se vel beland.

Die kapusynerape beskerm hulle blykbaar teen die aanslag deur hulle lywe te smeer met ’n kragtige natuurlike insekafweermiddel—die afskeiding van ’n sekere soort duisendpoot wat in die woud aangetref word. Hierdie duisendpote skei twee stowwe af wat goed werk as ’n insekafweermiddel. Trouens, hulle afskeiding is selfs sterker as mensgemaakte afweermiddels wat deur die weermag gebruik word!

Gedurende die reënseisoen soek die bruin kapusyneraap dus in boombas of op miershope na die tien sentimeter lange duisendpote. Wanneer hy een vind, smeer hy die duisendpoot oor sy hele lyf—van kop tot tone. Die “ape is so gretig om die afskeiding te gebruik dat tot vier van hulle een duisendpoot sal deel”, sê die Journal of Chemical Ecology. Selfs die gewone rangorde wat tydens voertye en by ander geleenthede gesien kan word, word opsygesit wanneer die duisendpootbehandeling begin.

[Prent op bladsy 15]

Duisendpootafskeiding

[Erkenning]

Thomas Eisner/Cornell University

[Foto-erkenning op bladsy 15]

Dr. Zoltan Takacs

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel