Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/06 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Werk verveeldheid teë
  • Hedendaagse slawerny
  • Die eerste volledige Kriol-Bybel
  • Temperature in geparkeerde motors
  • Wat weet jy van temperatuur?
    Ontwaak!—1991
  • Is daar ’n maklike oplossing vir verveeldheid?
    Ontwaak!—1995
  • Deur die geswoeg van kinders
    Ontwaak!—1999
  • Het jy lugversorging nodig?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 3/06 bl. 29

Ons beskou die wêreld

◼ Na skatting het 200 miljoen mense, 5 persent van die wêreldbevolking tussen die ouderdomme van 15 en 64, in die afgelope jaar dwelms gebruik.—2005 WORLD DRUG REPORT, VERENIGDE NASIES SE KANTOOR VIR DWELMS EN MISDAAD.

◼ Volgens studies sal ’n adolessent wat vuurwapengeweld aanskou, omtrent twee keer meer geneig wees om binne die volgende twee jaar geweld te pleeg.—DIE TYDSKRIF SCIENCE, VSA.

◼ In São Paulo, Brasilië, het 16,8 persent van die gevalle van borskanker wat gedurende ’n tydperk van een jaar by een hospitaal gediagnoseer is, by vroue jonger as 35 voorgekom. Indien dit vroegtydig gediagnoseer word, is die kanse op genesing 90 persent.—FOLHA ONLINE, BRASILIË.

Werk verveeldheid teë

Navorsers wat verveeldheid bestudeer, sê dat dit “een van die vernaamste siektes van ons tyd” is, berig The Vancouver Sun. Volgens een opname “sê byna drie uit elke vier Noord-Amerikaners dat hulle na meer nuwe ervarings in hulle lewe smag”. Van die koerant se wenke om verveeldheid teë te werk, is: “Maak veranderinge om uit jou groef te kom”, “leer iets nuuts”, doen “betekenisvolle vrywilligerwerk”, “neem deel aan fisiese bedrywighede, soos . . . om te stap” en “leer om dankbaar te wees”.

Hedendaagse slawerny

“Wêreldwyd is ten minste 12,3 miljoen mense slagoffers van dwangarbeid”, berig ’n studie deur die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO). Daar word geskat dat meer as 2,4 miljoen van hierdie mense slagoffers van mensehandel is. Voorbeelde van dwangarbeid—onvrywillige werk of dienste wat onder dwang as gevolg van dreigemente verrig word—is prostitusie, militêre diens en arbeid waarvoor werkers min of niks verdien nie, aangesien hulle lone weerhou word om skuld af te betaal. Volgens die IAO se direkteur-generaal Juan Somavia “ontneem [hierdie vorm van arbeid] mense hulle basiese regte en waardigheid”.

Die eerste volledige Kriol-Bybel

“Australië se eerste Bybelvertaling van Genesis tot Openbaring in ’n inheemse taal is voltooi”, berig The Sydney Morning Herald. Sowat 30 000 Aborigines in afgeleë gebiede van Noord-Australië sal baat vind by die nuwe Kriol-vertaling, wat in 2007 vrygestel sal word. “Die projek duur nou al 27 jaar”, sê die koerant. Volgens die United Bible Societies is “22 nuwe vertalings van die Nuwe Testament in 2004 geregistreer”. Die Bybel kan nou in sy geheel of gedeeltelik in 2 377 tale of dialekte gelees word.

Temperature in geparkeerde motors

Gedurende 2004 het 35 kinders in die Verenigde State aan hittesteek gesterf nadat hulle in geparkeerde motors gelos is, sê die tydskrif Pediatrics. Volgens studies kan die temperatuur binne ’n motor vinnig tot tussen 57 en 68 grade Celsius styg as die temperatuur buite meer as 30 grade Celsius is. Al is die buitetemperatuur 22 grade Celsius, kan die temperatuur binne ’n motor nietemin met omtrent nog 22 grade Celsius styg, en die styging vind hoofsaaklik gedurende die eerste 15 tot 30 minute ná parkering plaas. Die feit dat vensters vier sentimeter oopgelos is en die lugreëling aan was voor die motor afgeskakel is, het nie juis ’n verskil gemaak nie. Die skrywers van die artikel glo dat dit lewens kan red as die publiek bewus gemaak word van die gevare.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel