Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/06 bl. 3
  • Ware geluk—Jy kan dit vind!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware geluk—Jy kan dit vind!
  • Ontwaak!—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Die soeke na geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Hoe om geluk te vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Gesondheid en geluk—Hoe kan jy dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Depressie onder tieners—Waarom? Wat kan help?
    Ontwaak!—2017
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 4/06 bl. 3

Ware geluk—Jy kan dit vind!

WÊRELDWYD glo baie mense blykbaar dat ’n spoggerige motor, ’n vet bankbalans, ’n glansryke loopbaan, ’n groot huis en die nuutste elektroniese toestelle, sowel as ’n mooi figuur of ’n gespierde liggaam die sleutels tot geluk is. Maar hang geluk werklik af van hierdie materiële en fisiese bates?

Daar was “’n geweldige toename in navorsing oor geluk, optimisme, positiewe emosies en gesonde karaktertrekke”, sê ’n spesiale verslag in die tydskrif Time. Die resultate van hierdie studies het baie mense verbaas. Die getuienis dui met merkwaardige konsekwentheid daarop dat mense wat dink dat geld, roem of skoonheid hulle gelukkig sal maak, hulleself mislei. Om die waarheid te sê, hulle bou hulle lewe op ’n fondament wat nadelig kan wees vir hulle geestesgesondheid en selfs tot depressie kan lei.

In die Verenigde State is baie mense ryker as ooit tevore. “Maar dit het ons nie juis gelukkiger gemaak nie”, sê Time. Dieselfde kan natuurlik gesê word van mense in ander lande. China met sy florerende ekonomie het ook ’n skrikwekkende toename in ongelukkige mense gesien. Selfmoord het daar “die grootste doodsoorsaak onder mense tussen die ouderdomme van 15 en 34” geword, berig die kwartaalblad Access Asia. Een faktor wat hiertoe aanleiding gegee het, is blykbaar die druk op jongmense om in ’n moeilike en veeleisende sekulêre omgewing sukses te behaal.

Dit is duidelik dat materiële vooruitgang nie angs en stres verminder nie; inteendeel, dit vererger dit. Een studie deur ’n universiteit het tot die volgende slotsom gekom: “Ons lewenswyse het nou die hoofoorsaak van ons emosionele en geestesonstabiliteit geword.” ’n Ontleder van sosiale tendense, Van Wishard, sê: “Vir baie maatskappye is geestes- en emosionele gesondheid die aspek van mediese versekering wat die vinnigste toeneem.”

Selfs kinders word deur ons vinnig veranderende wêreld geraak. Daar is nou boeke beskikbaar vir agtjarige kinders, wat hulle raad gee oor “hoe om die simptome van stres te identifiseer en die hoof te bied”, sê Wishard. En volgens ’n feiteblad oor depressie neem die getal kinders wat in ’n aantal Westerse lande met depressie gediagnoseer word, elke jaar met ’n verstommende 23 persent toe. Wat meer is, “voorskoolse kinders is die vinnig groeiendste mark vir antidepressante”.

Vrees neem ook toe—en nie net weens ekonomiese onsekerhede nie. Omdat godsdiens- en politieke ekstremisme toeneem, is die gruwels wat môre kan inhou vir baie mense angswekkend. Is daar hulp beskikbaar?

Omtrent tweeduisend jaar gelede het Jesus Christus mense aangaande ’n lewenswyse geleer wat verkwikkend anders is en stres verminder. Sy lering het om ’n eenvoudige maar diep waarheid gedraai. “Gelukkig”, het hy gesê, “is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte” (Matteus 5:3). Ja, Jesus het diegene wat na hom geluister het, aangemoedig om hulle aandag te vestig op die mensdom se grootste behoefte—geestelike waarheid oor ons Skepper en Sy voorneme vir ons.

Soos ons in die volgende artikels sal sien, kan hierdie waarheid ons help om te onderskei wat werklik belangrik is, en dit sal tot ’n gelukkiger en betekenisvoller lewe lei. Daardie geestelike waarheid bied ons ook ’n blink hoop vir die toekoms.

[Lokteks op bladsy 3]

Hang geluk af van materiële besittings?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel