Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/07 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2007
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Slaapverlies verlaag produktiwiteit
  • Koring vir verwarming?
  • Pous se besoek gekommersialiseer
  • Ongevoeligheid teenoor geweld weens videospeletjies
  • Moet ek rekenaar- of videospeletjies speel?
    Ontwaak!—1996
  • Is spelers in gevaar?
    Ontwaak!—2002
  • Waarom jou liggaam slaap nodig het
    Ontwaak!—1995
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 8/07 bl. 29

Ons beskou die wêreld

◼ “Daar is nou meer televisiestelle as mense in die gemiddelde Amerikaanse huis”—2,73 TV-stelle teenoor 2,55 mense. “Die helfte van Amerikaanse huise het drie of meer TV’s.”—ASSOCIATED PRESS, VSA.

◼ In howe regoor Suid-Afrika word 82 kinders elke dag aangekla van “verkragting of onsedelike aanranding van ander kinders”. Volgens party beweer baie van die beskuldigdes dat hulle die mishandeling gepleeg het “weens dade wat hulle op televisie gesien het”.—THE STAR, SUID-AFRIKA.

Slaapverlies verlaag produktiwiteit

Die slaapgewoontes van sommige Spanjaarde gee hulle vermoë om produktief te wees ’n ernstige knou. Dr. Eduard Estivill, wat ’n slaapkliniek in Barcelona bestuur, sê dat Spanjaarde, in vergelyking met ander Europeërs, vroeër opstaan, langer ure werk, aandete later eet en gemiddeld 40 minute minder slaap. Maar slaapskuld kan probleme soos geïrriteerdheid, geheueverlies, angstigheid en depressie veroorsaak. Daarom “moet enige beroepspersoon wat verstandelike of enige ander werk doen wat konsentrasie vereis, tussen sewe en agt uur per nag slaap”, waarsku dr. Estivill.

Koring vir verwarming?

Is dit eties aanvaarbaar om koring te verbrand vir verwarming? Die Duitse koerant Frankfurter Allgemeine Sonntagszeitung verduidelik dat dit vir ’n boer goedkoper is om sy koring vir verwarming te verbrand as om dit te verkoop en olie te koop. Dit kos hom R1,40 om twee en ’n half kilogram koring te produseer, maar as dit verbrand word, bring daardie hoeveelheid koring omtrent dieselfde hitte voort as ’n liter stookolie, wat R4,20 kos. Dit is waar die dilemma ontstaan waarna die koerant verwys het: Kan ’n mens “graan verbrand terwyl ander honger ly”?

Pous se besoek gekommersialiseer

Toe die Pous Duitsland in 2006 besoek het, het vervaardigers, handelaars en die toerismebedryf hulle lank voor die tyd voorberei om uit sy besoek munt te slaan. Die kerk het ook ’n sakevennoot gekies vir die uitsluitlike bemarking van aandenkings. Items wat te koop was, het bidsnoere, kerse, bottels heilige water, koffiebekers, pette, T-hemde, sleutelringe en vlae van die Vatikaan ingesluit. Die nuustydskrif Der Spiegel het die opmerking gemaak: “Die Katolieke Kerk is self betrokke by die geldmakery, asof Jesus Christus . . . nooit die handelaars uit die tempel verdryf het nie.”

Ongevoeligheid teenoor geweld weens videospeletjies

“Blootstelling aan gewelddadige videospeletjies kan mense ongevoelig maak teenoor geweld in die werklike lewe”, sê navorsingsielkundiges by die Universiteit van Iowa, VSA. Vorige studies het getoon dat blootstelling aan hierdie speletjies “’n toename in aggressiewe gedagtes, woede en aggressiewe gedrag veroorsaak, asook vinniger hartslag en asemhaling”. In hierdie studie is die hartslag en emosionele reaksie van respondente gemonitor terwyl daar vir hulle filmopnames van werklike geweld gewys is onmiddellik nadat hulle óf gewelddadige óf niegewelddadige videospeletjies gespeel het. Die resultate het getoon dat dié “wat gewelddadige videospeletjies speel, gewoond raak aan al die geweld en uiteindelik fisiologies ongevoelig raak daarvoor”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel