Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/11 bl. 17
  • Die vetlaag van seesoogdiere

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vetlaag van seesoogdiere
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons leer uit ontwerpe in die natuur
    Ontwaak!—2000
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2011
  • Die walvisse is hier!
    Ontwaak!—2015
  • Op soek na dolfyne in Nieu-Seeland
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 8/11 bl. 17

Is dit ontwerp?

Die vetlaag van seesoogdiere

● Wetenskaplikes kon dekades lank nie verstaan hoe dolfyne teen ’n spoed van byna 40 kilometer per uur kan swem nie. Die diere het eenvoudig nie genoeg spiermassa nie, het die wetenskaplikes gedink. Maar dolfyne het ’n geheim, wat gedeeltelik te doen het met hulle vetlaag, of spek, ’n komplekse stof wat ook onder die vel van tornyne, walvisse en ander seediere gevind word.

Dink hieraan: “Die vetlaag is ’n dik, digte laag hoogs georganiseerde bindweefsel met baie vetselle”, sê die New World Encyclopedia. Dit bedek feitlik die hele dier, en dit is “stewig vasgeheg aan die spierstelsel en skelet deur hoogs georganiseerde, waaiervormige sening- en ligamentnetwerke”. Hierdie netwerke bestaan weer uit elastiese vesels en kollageen, ’n proteïen wat ook in vel en bene gevind word. Die vetlaag is dus nie net ’n isoleermiddel nie. Dit is ’n uiters gesofistikeerde kombinasie van verskeie lewende weefsels.

Maar hoe help die vetlaag van dolfyne en tornyne hulle om so vinnig te swem—Dall-tornyne teen snelhede van tot 56 kilometer per uur? Om maar een ding te noem, die vetlaag gee die diere ’n meer stroombelynde vorm. En die vetlaag tussen hulle stertvinne en rugvin bevat ’n besonder digte versameling kollageen- en elastiese vesels wat kruis en dwars oor mekaar loop—’n ontwerp wat die stert elasties maak en meganiese energie berg. Wanneer die spiere die stert dus in een rigting laat beweeg, help die vetlaag, soos ’n veer, om dit weer terug te trek, wat meer stukrag voorsien en energie bespaar.

Die vetlaag voorsien ook dryfvermoë en hitte-isolasie. Die vet is ook ’n bron van energie wanneer kos skaars is. Dit is te verstane dat hierdie veelsydige samestelling die belangstelling gewek het van persone wat die doeltreffendheid van seevaartuie en hulle aandrywingsmeganismes probeer verbeter.

Wat dink jy? Kon hierdie vetlaag, met al sy verstommende eienskappe, per toeval ontstaan het? Of is dit ontwerp?

[Diagram op bladsy 17]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Parallelle vesels

Deursnee van kollageen- en elastiese vesels wat kruis en dwars oor mekaar loop

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel