Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/12 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2012
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jong leiers in Maleisië
  • Onoordeelkundige plasings
  • ’n Koninkryk wat op sand, olie en godsdiens gebou is
    Ontwaak!—1991
  • Wat van Internetvriendskappe?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Help jongmense om die uitdaging die hoof te bied
    Ontwaak!—2007
  • Kinders en die Internet—Wat ouers moet weet
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 2/12 bl. 29

Ons beskou die wêreld

“Die presidentskap het ’n eienaardige manier om ’n persoon te laat voel dat hy moet bid.”—BARACK OBAMA, PRESIDENT VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA.

Toe Argentyne gevra is hoe hulle sou verkies om hulle landstrots te wys, het 56 persent van dié tussen die ouderdom van 10 en 24 gesê dat hulle sou verkies om die trui van die nasionale sokkerspan te dra.—LA NACIÓN, ARGENTINIË.

In ’n studie is bevind dat “omtrent ’n derde van die voedsel wat wêreldwyd vir menslike gebruik vervaardig word, verlore gaan of vermors word, wat op ongeveer 1,3 miljard ton per jaar te staan kom.”—DIE VERENIGDE NASIES SE VOEDSEL- EN LANDBOU-ORGANISASIE, ITALIË.

“Die wêreld is vandag vol oorloë en berigte van oorloë, en daarom moet die leër van ons Vaderland altyd gereed wees om die volk en alles wat [vir die Vaderland] heilig is, te beskerm teen enige bedreiging deur ’n buitelandse vyand.”—PATRIARG KIRILL, HOOF VAN DIE RUSSIES-ORTODOKSE KERK.

Die grootste aantal verkeersongelukke wat in 2010 by ’n Duitse versekeringsmaatskappy aangemeld is, het tussen 7 uur en 8 uur die oggend plaasgevind. “Een van die belangrikste maniere om ongelukke te voorkom, is om soggens nie werk toe te jaag nie”, sê ’n amptenaar van die maatskappy.—PRESSEPORTAL, DUITSLAND.

Jong leiers in Maleisië

Die tema van ’n gewilde TV-kompetisie in Maleisië is om ’n goeie imam, of Islamitiese godsdiensleier, te kies. Die program, wat “Imam Muda”, of “Jong leier”, genoem word, word in Koeala Loempoer verfilm. Deelnemers, wat tussen 18 en 27 is en uit verskillende agtergronde kom, word stelselmatig uitgeskakel totdat net een oorbly. Die wenner kry prysgeld en ’n nuwe motor, maar word ook werk as ’n imam aangebied, asook ’n beurs om in Saoedi-Arabië te studeer en ’n betaalde pelgrimsreis na Mekka. Deelnemers moet die verpligtinge van ’n imam kan nakom, oor godsdiens- en aktuele sake kan debatteer en dele van die Koran kan opsê. Die skepper van die program sê dat dit sy doelwit is om “die jeug te lok” na Islam.

Onoordeelkundige plasings

Baie gebruikers van sosiale netwerke besef nie watter gevolge dit kan hê as hulle private inligting bekend maak nie. Maar onoordeelkundige plasings op die Internet kan jou later in die lewe inhaal. Volgens die skoolhoof Timothy Wright, wat in Australië se Sydney Morning Herald aangehaal is, “is een van die gevolge van moderne tegnologie dat onbedagte woorde, lasterlike kommentare, ongepaste foto’s of persoonlike besonderhede wat ondeurdag bekend gemaak is, permanent op rekord bly en vryelik beskikbaar is vir enigiemand wat daartoe toegang het”. Dit beteken dat “foute wat iemand op 15 gemaak het, 10 jaar later nog steeds deur ’n werkgewer gevind kan word”, sê Wright.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel