Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/12 bl. 29
  • Armenië se goue vrug

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Armenië se goue vrug
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Toewyding van takkantore
    2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Waarom met hout bou?
    Ontwaak!—1995
  • “’n Appel ’n dag laat die dokter wag”
    Ontwaak!—1996
  • Die Europese hof handhaaf die reg op gewetensbeswaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 3/12 bl. 29

Armenië se goue vrug

● In Asië en Europa word appelkose al duisende jare lank gekweek. Europeërs het gemeen dat die appelkoos sy oorsprong in Armenië gehad het, en daarom het hulle dit die Armeense appel begin noem.

Vandag word daar in Armenië omtrent 50 verskillende soorte appelkose gekweek. Appelkose is beskikbaar van middel-Junie tot laat Augustus. Die vrugbare vulkaniese grond en die oorvloed sonskyn in Armenië gee die appelkose wat daar gekweek word ’n unieke soetheid wat baie mense tot die slotsom laat kom dat dit van die lekkerste appelkose in die wêreld is.

Die meeste appelkoossoorte is omtrent so groot soos ’n kleinerige pruim en kan ’n liggoue tot dieporanje kleur hê. Hulle het ’n fluweelagtige skil, ferm vleis en is nie te sappig nie. Die smaak kan wissel van soet tot suurderig. Party beskryf die smaak van die gewilder soorte as ’n mengsel van dié van ’n perske en ’n pruim.

Appelkooskwekers het ’n “swart” appelkoos gekweek, maar dit is nie ’n egte appelkoos nie. Dit is eerder ’n kruising tussen ’n appelkoos en ’n pruim. Dit het ’n donserige, donkerpers—byna swart—skil en geel vleis. Hierdie vrug word ’n appelkoosperske genoem.

Appelkoosbome bloei voordat die blare uitkom en het welriekende, wit blomme wat selfbestuiwend is. Die blomme is soortgelyk aan dié van perske-, pruim- en kersiebome. Die bome groei gewoonlik die beste waar die winters koud en die somers warm is, aangesien hulle ’n koeler tydperk nodig het om te bloei en vrugte te dra. Armenië se klimaat is dus net reg!

Vars appelkose is baie gesond. Dit is byvoorbeeld ’n uitstekende bron van betakaroteen en vitamien C. Baie mense is bekend met gedroogde appelkose. Dit is omdat vars appelkose maklik kan kneus en bederf. Gevolglik is gedroogde appelkose in party wêrelddele gewilder as vars appelkose. Gelukkig is gedroogde appelkose ook voedsaam en ’n goeie bron van vesel en yster. Boonop word appelkose gebruik om brandewyn, konfyt en sap te maak.

Wat meer is, pragtige houtsneewerk word uit die hout van die appelkoosboom gemaak, asook die duduk, ’n gewilde Armeense blaasinstrument, wat soms die appelkoosfluit genoem word. In winkels en op markte in Jerewan, die hoofstad van Armenië, kan toeriste ook pragtige aandenkings vind wat met die hand uit appelkooshout gekerf is.

As jy in ’n land woon waar vars appelkose beskikbaar is, geniet jy dit ongetwyfeld om hierdie smaaklike goue vrug te eet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel