Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/12 bl. 7
  • Stel ’n doelwit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel ’n doelwit
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan jou geestelike doelwitte bereik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Moet ek skool verlaat?
    Ontwaak!—2010
  • Hoe kan ek my vir die arbeidswêreld voorberei?
    Ontwaak!—1991
  • Wat moet ek met my lewe doen?
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 10/12 bl. 7

Stel ’n doelwit

’n Student kies ’n pad

Jou skoolopleiding sal meer vir jou beteken—en jy sal dit meer geniet—as jy weet wat jy met jou opvoeding wil bereik.

AS JY nie weet wat jy met jou skoolopleiding wil bereik nie, is dit soos om ’n wedloop te hardloop op ’n baan wat geen wenstreep het nie. Die Bybel sê: “Jy moet weet waarheen jy op pad is” (Spreuke 4:26, Contemporary English Version). ’n Doelwit kan jou help om gefokus te bly en kan die oorgang van skool na die arbeidswêreld vir jou makliker maak. Hoe kan jy ’n doelwit stel?

Vra jou af: ‘Hoe gaan ek ’n bestaan maak?’ Moenie uitstel om hierdie vraag te beantwoord nie. Beplan eerder vroegtydig. Waarom? Dink so daaraan: As jy wil gaan reis, moet jy eers besluit waarheen jy wil gaan. Dan sal jy ’n kaart raadpleeg en besluit op die beste roete. Jy kan jou skoolopleiding op soortgelyke wyse benader. Besluit watter soort werk jy wil doen, en kies dan vakke wat jou sal help om jou doelwit te bereik.

Waarskuwing: Baie jongmense is so vasbeslote om slegs die werk te doen waarvan hulle die meeste hou—soos om byvoorbeeld ’n professionele musikant te word—dat hulle die gedagte aan enige ander soort werk ondraaglik vind. Wat is ’n beter benadering?

  1. Kyk na jou vermoëns. Byvoorbeeld, geniet jy dit om dinge vir ander te doen of om ander te help? Is jy goed in werktuigkunde? syfers? finansies? herstelwerk?

  2. Kyk na jou opsies. Watter soort werk pas goed by jou vermoëns? Dink aan verskeie opsies eerder as om net op jou “droomwerk” te konsentreer. En dink prakties. Byvoorbeeld, is die soort werk wat jy wil doen, iets wat jy ook op ander plekke kan doen as jy trek? Sal die opleiding wat jy nodig het, jou diep in die skuld dompel?

  3. Kyk na jou geleenthede. Wanneer jy weet watter soort werk jy wil doen, moet jy kyk of daar werksgeleenthede op die plaaslike arbeidsmark is. Ken jy enige moontlike werkgewers? Indien wel, bied hulle vakleerlingskappe aan? Is daar kursusse vir beroepsopleiding?

Wenk: Praat met jou ouers, onderwysers en volwasse vriende. Doen navorsing by die biblioteek en op die Internet.

Die slotsom: As jy ’n doelwit het, sal dit rigting en betekenis aan jou opvoeding gee.

Maak ’n begin! Dink nou, terwyl jy nog op skool is, na oor die drie punte wat hierbo genoem word. Skryf jou doelwitte neer en bespreek dit met jou ouers.

Jy het dalk opgelet dat hierdie reeks dikwels na die Bybel verwys het toe die sleutels tot ’n suksesvolle skoolloopbaan bespreek is. Die uitgewers van hierdie tydskrif, Jehovah se Getuies, glo dat die Bybel “onderrigting om reg te lewe”, bevat (2 Timoteus 3:16, Good News Translation). Dit bevat praktiese raad vir die daaglikse lewe—nie net by die skool nie, maar ook by die werk, in die gesin en elders.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel