Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 2/1 bl. 3
  • Die soeke na antwoorde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die soeke na antwoorde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog hulp vir ouers
    Ontwaak! – 2019
  • Die waarheid—Wil jy dit graag vind?
    Die waarheid—Wil jy dit graag vind?
  • Het jy al ooit gewonder?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
  • Op soek na antwoorde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 2/1 bl. 3

Die soeke na antwoorde

“Noudat ons die probleem oorkom het van ‘hoe’ om ’n bestaan te voer en ons met voorheen ondenkbare luukshede omring het—lugversorging, CD-gehalteklank en vars vrugte die hele jaar deur—wonder ons nog steeds ‘waarom’ ons lewe. Waarom die dolle gejaag? Wat is die nut daarvan?” —David G. Myers, sielkundeprofessor aan Hope-universiteit, Holland, Michigan, VSA.

HOE sal jy die vrae beantwoord wat deur hierdie professor geopper is? Party wonder dalk of dit eers die moeite werd is om na antwoorde te soek. Maar om sulke vrae te ignoreer, is soos om ’n klippie in jou skoen te probeer ignoreer—jy kan aanhou loop, maar jy sal nie eintlik gelukkig wees terwyl jy dit doen nie.

As jy al ooit gewonder het of die lewe meer behels, is jy nie alleen nie. Volgens die Wêreldopname oor Waardes, een van die grootste studies oor menslike waardes wat ooit gedoen is, dink al hoe meer mense in baie lande oor die “sin en doel van die lewe”.

As jy ware gemoedsrus wil hê, moet jy die antwoorde op drie belangrike vrae vind.

Waar het ons vandaan gekom?

Wat is die doel van die lewe?

Wat hou die toekoms in?

Waar kan jy betroubare antwoorde op hierdie belangrike vrae vind? Die volgende bladsye sal nie spekulasie of filosofie bevat nie, maar die antwoorde uiteensit wat in God se Woord, die Bybel, gevind word. Ons nooi jou om jou eksemplaar van die Bybel oop te slaan en self uit te vind wat dit sê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel