Het jy geweet?
Hoe is vuur in die ou tyd van een plek na ’n ander geneem?
DIE Bybelverslag in Genesis 22:6 vertel ons watter voorbereidings Abraham getref het voordat hy na ’n plek gereis het om ’n offer te bring: “Abraham [het] die hout van die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit en die vuur en die slagmes in sy hand geneem, en hulle twee het saam verder gegaan.”
Die Skrif sê nie hoe vuur in die ou tyd aangesteek is nie. Ten minste een kommentator meen dat ’n vlam “nie maklik aan die brand sou bly gedurende die lang reis” wat Abraham en Isak afgelê het nie. Daarom verwys “die vuur” wat in die teks genoem word, dalk na die toerusting wat gebruik is om ’n vuur aan te steek.
Ander sê weer dat dit in die ou tyd nie maklik was om ’n vuur aan te steek nie. Dit sou vir mense makliker gewees het om, indien moontlik, eerder ’n gloeiende kool by hulle bure te kry as om ’n vuur self te probeer aansteek. ’n Paar geleerdes meen dus dat Abraham ’n houer gedra het—dalk ’n pot wat aan ’n ketting gehang het—wat warm of gloeiende kole bevat het van die vorige aand se vuur (Jes. 30:14). Gloeiende kole wat so vervoer is, kon dan maklik saam met fyn houtjies gebruik word om ’n vuur aan te steek.