Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/10 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2010
Ons Koninkryksbediening—2010
km 2/10 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 22 Februarie 2010 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 4 Januarie tot 22 Februarie 2010.

1. Watter faktore het moontlik veroorsaak dat party Israeliete traag was om die Beloofde Land in besit te neem, en watter les kan ons daaruit leer? (Jos. 18:2, 3). [it-1-E bl. 359 par. 5]

2. Wat het Josua ongetwyfeld beweeg om die woorde in Josua 24:14, 15 te sê, en watter uitwerking moet dit op ons hê? [w08 5/15 bl. 17-18 par. 4-6]

3. Wat is een manier waarop Baälaanbidders en hulle vorm van aanbidding strikke en ’n lokaas vir die Israeliete geword het? (Rigt. 2:3). [w08 2/15 bl. 27 par. 2-3]

4. Watter les kan ons leer uit Ehud se moedige gebruik van die swaard? (Rigt. 3:16, 21). [w97 3/15 bl. 31 par. 4]

5. Watter bemoediging put ons uit die verslag van hoe Jehovah Gideon en sy 300 manskappe verlos het? (Rigt. 7:19-22). [w05 7/15 bl. 16 par. 8]

6. Hoe het Jehovah se siel “ongeduldig geraak . . . weens die moeite van Israel”? (Rigt. 10:16). [cl bl. 254-255 par. 10-11]

7. Het Jefta ’n menseoffer in gedagte gehad toe hy sy gelofte gedoen het? (Rigt. 11:30, 31). [w05 1/15 bl. 25 par. 7]

8. Was Simson se krag letterlik in sy hare? (Rigt. 16:18-20). [w05 3/15 bl. 28 par. 4-5]

9. Hoe kan dit ons help as ons Simson se uitsonderlike daad wat in Rigters 16:3 beskryf word, verstaan? [w04 10/15 bl. 15 par. 7-8]

10. Wat kan ons uit die stelling in Rigters 16:30 aangaande die mensesiel leer? [w90 9/1 bl. 5 par. 5; sp bl. 13-14]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel