Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp22 nr. 1 bl. 6-7
  • 1 | Wees onpartydig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1 | Wees onpartydig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat die Bybel sê:
  • Wat dit beteken:
  • Wat jy kan doen:
  • Titus—“’n Medewerker in julle belang”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Bybelboek nommer 56—Titus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • 3 | Kry haat uit jou gedagtes uit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Die Bybel verander lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
wp22 nr. 1 bl. 6-7
’n Swart man hou ’n foto van ’n wit man wat glimlag, en ’n wit man hou ’n foto van ’n swart man wat glimlag. In die agtergrond is foto’s van mense wat kwaad is.

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

1 | Wees onpartydig

Wat die Bybel sê:

‘God is nie partydig nie. In elke nasie is [almal] wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.’ – HANDELINGE 10:34, 35.

Wat dit beteken:

Jehovaha God diskrimineer nie teen ons as gevolg van ons nasionaliteit, ras, velkleur of kultuur nie. Hy fokus eerder op wat regtig belangrik is – ons gedagtes en begeertes. Die Bybel sê ook: “Mense sien net die uiterlike, maar Jehovah sien wat in die hart is.” – 1 Samuel 16:7.

Wat jy kan doen:

Hoewel ons nie harte kan lees nie, kan ons probeer om God na te volg deur onpartydig te wees. Probeer hard om mense as individue eerder as ’n groep te beskou. As jy agterkom dat jy negatiewe gevoelens teenoor ander het – dalk as gevolg van hulle ras of nasionaliteit – bid tot God en vra hom om jou te help om ontslae te raak van sulke gevoelens (Psalm 139:23, 24). As jy vir Jehovah uit die hart uit vra om jou die krag te gee om onpartydig te wees, kan jy seker wees dat hy na jou gebede sal luister en jou sal help. – 1 Petrus 3:12.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

“Dit was die eerste keer dat ek vreedsaam met ’n wit persoon kon sit en gesels . . . Nou was ek deel van ’n ware internasionale broederskap.” – TITUS

Ondervinding – TITUS

Hy het ’n siklus van haat oorkom

Titus.

Titus was ’n gewelddadige bendelid wat baie kwaad was oor onregverdige wette oor rasseskeiding. Hy sê: “Net om ’n bakleiery te begin, het ons na plekke in die dorp gegaan waar swart mans nie welkom was nie, soos hotelle en kroeë.” Titus erken dat hy deur haat gemotiveer was, en hy voeg by: “As ek met enigiemand, ’n man of vrou, ’n woordewisseling gehad het, was ek altyd die eerste een wat handgemeen geraak het.”

Titus het veranderinge begin maak toe hy die Bybel met Jehovah se Getuies begin studeer het. Toe hy die Bybel gelees het, het dit ’n kragtige uitwerking op hom gehad. Hy was veral geraak deur die belofte van ’n wêreld in die toekoms wanneer “die dood . . . nie meer daar [sal] wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie”. – Openbaring 21:3, 4.

Aan die begin het Titus gesukkel om ander op te hou haat. Hy sê: “Dit was baie moeilik om my denke en optrede te verander.” Maar hy was gehelp deur wat hy geleer het in Handelinge 10:34, 35, wat wys dat God onpartydig is.

Wat was die gevolg? Titus verduidelik: “Toe ek die liefde sien wat Jehovah se Getuies teenoor mekaar betoon, ongeag hulle ras of velkleur, het dit my oortuig dat hulle die ware godsdiens beoefen. Selfs voordat ek as ’n Getuie gedoop is, het ’n wit gemeentelid my na sy huis genooi vir ’n maaltyd. Dit was soos ’n droom. Dit was die eerste keer dat ek vreedsaam met ’n wit persoon kon sit en gesels, wat nog te sê in sy huis saam met hom eet. Nou was ek deel van ’n ware internasionale broederskap.”

Lees meer oor Titus se verhaal in Die Wagtoring van 1 Augustus 2009, bladsy 28-29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel