Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp22 nr. 1 bl. 8-9
  • 2 | Moenie wraak neem nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 2 | Moenie wraak neem nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat die Bybel sê:
  • Wat dit beteken:
  • Wat jy kan doen:
  • Wat sê die Bybel oor wraak?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wanneer jy te na gekom word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Ek was verbitterd en gewelddadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Is wraak verkeerd?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
wp22 nr. 1 bl. 8-9
Twee mans wat kwaad is, sit oorkant mekaar op verskillende takke van ’n boom. Elke man is besig om die tak waarop hy sit, af te saag.

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

2 | Moenie wraak neem nie

Wat die Bybel sê:

“Moenie slegte dinge aan mense doen wanneer hulle slegte dinge aan julle doen nie. . . . Doen julle bes, sover dit van julle afhang, om in vrede met alle mense te lewe. Moenie self wraak neem nie, . . . want daar staan geskryf: ‘“Die wraak is myne. Ek sal terugbetaal,” sê Jehovah.’” – ROMEINE 12:17-19.

Wat dit beteken:

Hoewel dit natuurlik is om kwaad te word wanneer iemand ons seermaak, wil God nie hê dat ons wraak moet neem nie. Hy wil eerder hê dat ons geduldig moet wees omdat hy belowe dat hy binnekort alle ongeregtigheid sal regstel. – Psalm 37:7, 10.

Wat jy kan doen:

Wanneer onvolmaakte mense wraak neem, veroorsaak dit meer haat. So as iemand jou aanstoot gegee het of seergemaak het, moenie terugbaklei nie. Probeer om jou gevoelens te beheer en reageer op ’n kalm manier. In party gevalle kies jy dalk om die saak daar te laat (Spreuke 19:11). Ander tye is dit dalk beter om die probleem aan te spreek. Byvoorbeeld, in gevalle waar jy die slagoffer van ’n misdaad is, kies jy dalk om die misdaad by die polisie of ander owerhede te rapporteer.

’n Siklus van haat bereik niks nie

Wat as dit lyk asof daar nie ’n vreedsame manier is om die probleem op te los nie? Of wat as jy alreeds alles gedoen het wat jy kan om die probleem op ’n vreedsame manier op te los? Moenie wraak neem nie. Dit sal die situasie heel moontlik erger maak. Breek eerder die siklus van haat. Jy kan leer om op God te vertrou om die probleem op te los. “Vertrou op hom, en hy sal vir jou optree.” – Psalm 37:3-5.

Ondervinding – ADRIÁN

Hy het gevoelens van wraak oorkom

Adrián.

Adrián het as ’n tiener ’n straatbakleier vol haat geword wat daarop uit was om wraak te neem. Hy vertel: “Ek was dikwels by skietgevegte betrokke en is verskeie kere bebloed en vir dood op die straat agtergelaat.”

Adrián het die Bybel begin studeer toe hy 16 jaar oud was. Hy voeg by: “Toe ek vordering in my Bybelstudie gemaak het, het ek besef dat ek veranderinge in my persoonlikheid moet aanbring.” Hy moes van sy haat ontslae raak en ophou om geweld te gebruik. Hy is veral gehelp deur wat hy geleer het uit Romeine 12:17-19 wat sê dat ’n mens nie wraak moet neem nie. Hy sê: “Ek het aanvaar dat Jehovah ongeregtigheid op sy eie manier en tyd sal regstel. Stadig maar seker het ek my gewelddadige lewenswyse agtergelaat.”

Een aand is Adrián aangeval deur ’n groep jong mans wat voorheen teen sy bende baklei het. Die leier het geskree: “Verdedig jouself!” Adrián erken: ‘Ek wou baie graag terugbaklei.’ Maar eerder as om terug te baklei, het hy ’n kort gebed tot Jehovah gedoen en gemaak dat hy daar wegkom.

Adrián vertel verder: “Die volgende dag het ek die bendeleier teëgekom toe hy alleen was. Woede het in my opgekom, maar ek het Jehovah weer stilletjies gesmeek om my te help om my selfbeheersing te behou. Tot my verbasing het hy na my toe gekom en gesê: ‘Vergewe my vir wat gisteraand gebeur het. Eintlik wil ek graag soos jy wees. Ek wil die Bybel studeer.’ Hoe bly was ek tog dat ek my woede kon beheers! Omdat ek dit gedoen het, het hy ook die Bybel begin studeer.”

Lees meer oor Adrián se verhaal in Die Wagtoring, nr. 5 2016, bladsy 14-15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel