Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w24 September bl. 19
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Jesus stuur 70 dissipels uit om te preek
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Deur op Jesus se afskeidswoorde ag te slaan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • ‘Dit moet vir julle as ’n gedagtenis dien’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
w24 September bl. 19
Jesus stel die Here se Aandmaal in saam met sy getroue apostels.

Vrae van lesers

Toe Jesus die Here se Aandmaal ingestel het, waar was die 70 dissipels wat hy vroeër uitgestuur het om te preek? Het hulle hom verlaat?

Ons moenie dink dat die 70 dissipels nie Jesus se goedkeuring gehad het of hom verlaat het net omdat hulle nie daar was toe hy die Here se Aandmaal ingestel het nie. Jesus wou maar net op daardie geleentheid saam met sy apostels wees.

Die 12 en die 70 het sy goedkeuring gehad. Jesus het eers uit sy baie dissipels 12 mans gekies wat hy apostels genoem het (Luk. 6:​12-16). Hy was in Galilea toe “hy die Twaalf bymekaargeroep” het en “hulle uitgestuur [het] om die Koninkryk van God te verkondig en om mense gesond te maak” (Luk. 9:​1-6). Later toe Jesus in Judea was, het hy “70 ander gekies en hulle twee-twee” uitgestuur (Luk. 9:​51; 10:1). Gevolglik het Jesus volgelinge in verskillende gebiede gehad wat sy boodskap verkondig het.

Jode wat Jesus se dissipels geword het, het nog steeds die jaarlikse Pasga gevier, heel moontlik saam met hulle families (Eks. 12:​6-11, 17-20). Kort voor Jesus se dood het hy en sy apostels Jerusalem toe gegaan. Maar hy het nie al sy dissipels van Judea, Galilea en Perea gevra om te kom om die Pasga saam te vier nie. Dit is duidelik dat Jesus by hierdie geleentheid saam met die apostels wou wees. Hy het vir hulle gesê: “Ek wou baie graag hierdie Pasga saam met julle eet voordat ek ly.” – Luk. 22:15.

Daar was goeie rede daarvoor. Jesus sou binnekort sterf as “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh. 1:29). Dit sou in Jerusalem gebeur waar offerandes aan God al vir ’n lang tyd geoffer is. Die Pasgalam het die Israeliete daaraan herinner dat Jehovah hulle uit Egipte bevry het. Maar Jesus sou deur middel van sy offerande baie meer doen, want hy sou alle mense van sonde en die dood bevry! (1 Kor. 5:​7, 8). Wat Jesus gedoen het, het dit vir die 12 moontlik gemaak om deel te word van die fondament van die Christengemeente (Ef. 2:​20-22). Dit is interessant dat die heilige stad Jerusalem “12 fondamentstene” het waarop “die 12 name van die 12 apostels van die Lam” geskryf staan (Op. 21:​10-14). Ja, die getroue apostels sou ’n groot rol speel in die vervulling van God se wil. Daarom kan ons verstaan hoekom Jesus hulle by hom wou hê vir daardie laaste Pasga en vir wat onmiddellik daarna gebeur het – die Here se Aandmaal.

Die 70 en die ander dissipels was nie saam met Jesus by daardie maaltyd nie, maar alle dissipels wat getrou gebly het, sou baat vind by wat Jesus ingestel het – die Here se Aandmaal. Almal wat later gesalfde Christene geword het, sou in die verbond vir ’n koninkryk ingaan waarvan Jesus die apostels daardie aand vertel het. – Luk. 22:​29, 30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel