4 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kyk, ek laat vir julle brood uit die hemel reën;+ en die volk moet uitgaan en dag na dag elkeen sy hoeveelheid optel,+ sodat ek hulle op die proef kan stel, of hulle in my wet sal wandel of nie.+
2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs Jehovah jou God jou hierdie veertig jaar in die wildernis laat gaan het,+ om jou nederig te maak,+ om jou op die proef te stel+ ten einde te weet wat in jou hart is,+ of jy sy gebooie sal onderhou of nie.
7 sodat die beproefde hoedanigheid van julle geloof,+ wat van baie groter waarde is as goud wat vergaan al word dit deur vuur getoets,+ by die openbaring+ van Jesus Christus ’n rede tot lof en heerlikheid en eer bevind kan word.