15 Hierop het Josua vir hulle gesê: “As jy ’n talryke volk is, trek dan op na die woud, en jy moet dit vir jou daar in die land van die Perissiete+ en die Refaïete+ uitkap, want die bergstreek+ van Eʹfraim het vir jou te nou geword.”
16 Toe het die kinders van Josef gesê: “Die bergstreek is nie vir ons genoeg nie, en daar is strydwaens+ met ystersense onder al die Kanaäniete wat in die land van die laagvlakte woon, dié wat in Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe is sowel as dié wat in die laagvlakte van Jisʹreël+ is.”