17 En ek sal inderdaad my aangesig teen julle rig, en julle sal beslis voor julle vyande verslaan word;+ en julle haters sal julle eenvoudig vertrap,+ en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.+
25 Jehovah sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word.+ Op een pad sal jy teen hulle uittrek, maar op sewe paaie sal jy voor hulle vlug; en jy sal iets skrikwekkends vir al die koninkryke van die aarde word.+
14 Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van die plunderaars gegee het, en hulle het hulle begin plunder;+ en hy het hulle in die hand van hulle vyande rondom hulle verkoop,+ en hulle kon nie meer voor hulle vyande standhou nie.+
8 Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Mesopotaʹmië,+ verkoop het;+ en die kinders van Israel het Kuʹsan-Risataʹim agt jaar lank gedien.
7 Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van die Filistyne+ en in die hand van die kinders van Ammon+ verkoop het.+