43 Toe het die Filistyn vir Dawid gesê: “Is ek ’n hond,+ dat jy met stokke na my toe kom?” Daarop het die Filistyn by sy gode ’n vloek oor Dawid uitgespreek.+
22 “Hoe lank sal julle, onervarenes, onervarenheid liefhê,+ en hoe lank moet julle, spotters, pure spot vir julle begeer,+ en hoe lank sal julle, sotte, kennis haat?+
20 Spreek selfs in jou slaapkamer nie ’n vloek oor die koning uit nie,+ en spreek in die binnekamers waar jy gaan lê, nie ’n vloek oor ’n ryke uit nie;+ want ’n voël van die hemel sal die geluid oordra, en iets wat vlerke het, sal die saak vertel.+
5 En Paulus het gesê: “Broers, ek het nie geweet dat hy hoëpriester is nie. Want daar staan geskrywe: ‘Jy mag nie kwaadspreek van ’n heerser van jou volk nie.’”+