Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 25:22
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 22 En ek sal my daar voor jou stel en van bokant die deksel af,+ tussen die twee gerubs uit wat op die ark van die getuienis is, met jou praat, ja, oor alles wat ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.+

  • Numeri 7:89
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 89 En wanneer Moses in die tent van samekoms ingegaan het om met hom te praat,+ dan het hy die stem met hom hoor praat van bokant die deksel+ af wat op die ark van die getuienis was, tussen die twee gerubs uit;+ en hy het met hom gepraat.

  • 1 Samuel 4:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur en die ark van die verbond van Jehovah van die leërs, wat op die gerubs sit,+ daarvandaan gebring. En die twee seuns van Eli, naamlik Hofni en Piʹnehas, was daar by die ark van die verbond van die ware God.+

  • 2 Samuel 6:2
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 2 Toe het Dawid en al die mense wat by hom was, opgestaan en na Baʹäle-Juʹda+ gegaan om daarvandaan die ark+ van die ware God op te bring, waaroor ’n naam uitgeroep is, die naam+ van Jehovah van die leërs,+ wat op die gerubs sit.+

  • 2 Konings 19:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 En Hiskiʹa het voor Jehovah begin bid+ en gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ wat op die gerubs sit,+ u alleen is die ware God van al die koninkryke+ van die aarde.+ U het die hemel+ en die aarde+ gemaak.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel