-
Ester 3:12Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
12 Die koning se sekretarisse+ is toe in die eerste maand geroep, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskryf+ volgens alles wat Haman beveel het aan die koning se satrape en die goewerneurs wat oor die verskillende regsgebiede was,+ en die vorste van die verskillende volke, van elke regsgebied, in sy eie skryfstyl+ en aan elke volk in sy eie taal; in die naam+ van koning Ahasʹveros is dit geskryf, en dit is verseël met die koning se seëlring.+
-
-
Ester 8:5Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
5 En sy het gesê: “As die koning dit goedvind, en as ek guns voor hom gevind het+ en die saak gepas is voor die koning en ek goed is in sy oë, laat daar dan geskryf word om die geskrewe dokumente ongedaan te maak,+ die plan van Haman, die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ wat hy geskryf het om die Jode wat in al die koning se regsgebiede+ is, uit te roei.+
-