33 In die hele weg wat Jehovah julle God julle beveel het, moet julle wandel,+ sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan+ en julle inderdaad julle dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.
3 En jy moet luister, o Israel, en dit sorgvuldig uitvoer,+ sodat dit met jou goed kan gaan+ en julle talryk kan word, net soos Jehovah, die God van jou voorvaders, jou beloof het+ aangaande die land wat oorloop van melk en heuning.
23 Maar hierdie woord het ek hulle beveel deur te sê: “Gehoorsaam my stem,+ en ek sal julle God word,+ en julle sal my volk word; en julle moet in die hele weg wandel+ wat ek julle sal beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.”’+