13 Weens die verontwaardiging van Jehovah sal dit nie bewoon word nie,+ en dit sal in sy geheel ’n verlate woesteny word.+ Elkeen wat by Babilon verbygaan, sal in verbasing staar en fluit weens al sy plae.+
39 Daarom sal die bewoners van waterlose streke saam met die huilende diere bly, en die volstruise sal daarin bly;+ en dit sal nooit weer bewoon word nie, en ook sal dit van geslag tot geslag nie bly bestaan nie.”+
40 “Soos by God se verwoesting van Sodom en van Gomorʹra+ en sy afhanklike dorpe”,+ is die woord van Jehovah, “sal geen mens daar bly nie, en ook sal die mensekind nie as ’n vreemdeling daarin woon nie.+