3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
15 maar: “So waar as Jehovah lewe, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen hy hulle verstrooi het!” en ek sal hulle beslis terugbring na hulle land, wat ek aan hulle voorvaders gegee het.’+
28 “‘En hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is, wanneer ek hulle in ballingskap na die nasies stuur en hulle in hulle land bymekaarbring,+ sodat ek nie een van hulle nog langer daar sal laat bly nie.+
14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+