Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 22:18, 19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Maar gaan na die koning van Juda wat julle gestuur het om Jehovah te raadpleeg, en sê vir hom: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Jy het die woorde van die Wet gehoor, 19 en jy het goed gereageer* en jy het nederig berou getoon+ voor Jehovah toe jy gehoor het wat ek teen hierdie plek en sy inwoners gesê het – dat dit iets skokkends en ’n vloek sal word. Jy het jou klere geskeur+ en voor my gehuil, en daarom het ek jou gehoor, sê Jehovah.

  • 2 Kronieke 33:13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Hy het tot God bly bid, en sy smeekgebed het God diep geraak. God het sy versoek om genade gehoor en hom weer koning in Jerusalem laat word.+ Toe het Manasʹse geweet dat Jehovah die ware God is.+

  • Psalm 22:24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Want hy het nie die lyding van die onderdrukte geïgnoreer of sy oë daarvoor toegemaak nie.+

      Hy het nie sy gesig van hom af weggedraai nie.+

      Toe hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+

  • Psalm 34:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Jehovah is naby dié wie se hart gebreek is.+

      Hy red dié wat mismoedig is.*+

  • Spreuke 28:13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie,+

      maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.+

  • Jesaja 57:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Want dít is wat die Een sê wat hoog en verhewe is,

      wat vir ewig lewe+ en wie se naam heilig is:+

      “Ek woon in die hoë en heilige plek,+

      maar ook by dié wat gebroke en nederig van gees is,

      om die nederiges

      en die gebrokenes* nuwe krag te gee.+

  • Lukas 15:22-24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Maar die pa het vir sy slawe gesê: ‘Maak gou! Bring ’n kleed, die beste kleed, en trek dit vir hom aan, en sit ’n ring aan sy hand en sandale aan sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag dit en laat ons eet en feesvier, 24 want my seun was dood en het weer lewend geword.+ Hy was verlore en is gevind.’ Toe het hulle vrolik feesgevier.

  • Lukas 18:13, 14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Maar die belastinggaarder, wat op ’n afstand gestaan het, wou nie eers na die hemel opkyk nie. Hy het op sy bors bly slaan en gesê: ‘O God, ek is ’n sondaar.+ Betoon genade aan my.’ 14 Ek sê vir julle: Hierdie man het na sy huis gegaan en was regverdiger as daardie Fariseër.+ Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, maar elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel