Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 8/8 bl. 3-4
  • Deel 1a—Regering kom in die soeklig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 1a—Regering kom in die soeklig
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe mense oor regering voel
  • Mense verloor vertroue in politieke leiers – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Waarom die vertrouenskrisis?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Deel 9—Menseheerskappy bereik sy hoogtepunt!
    Ontwaak!—1990
  • Deel 8—’n Politieke mengsel van yster en klei
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 8/8 bl. 3-4

Menseheerskappy in die weegskaal

Deel 1a—Regering kom in die soeklig

DRAMATIESE politieke veranderinge gedurende 1989 in Europa het die onderwerp van regering op unieke wyse in die wêreldsoeklig laat kom. ’n Nuusblad het gesê dat “1989 nie onthou sal word as die jaar dat Oos-Europa verander het nie maar as die jaar dat Oos-Europa soos ons dit vier dekades lank geken het, geëindig het”.

Francis Fukuyama van die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake se beleidsbeplanningspersoneel het selfs verder gegaan en onlangs geskryf: “Wat ons aanskou, is moontlik nie net die einde van die koue oorlog of ’n spesifieke tydperk van na-oorlogse geskiedenis wat verbygaan nie, maar is die einde van geskiedenis as sodanig, dit wil sê, die eindpunt van die mensdom se ideologiese evolusie.”

Hoewel hierdie beskouing hoogs kontroversieel is, vestig dit nietemin ons aandag op ’n paar baie belangrike vrae. Byvoorbeeld: Wat kan gesê word oor die eeue van menseheerskappy wat agter die rug is? Het die mensdom die tydstip bereik waar hy van “die einde van geskiedenis as sodanig” kan praat? Presies wat hou die toekoms vir regerings in? En watter uitwerking sal hierdie toekomstige gebeure op ons as mense hê?

Hoe mense oor regering voel

Dit is duidelik dat miljoene mense deur hulle politieke leiers ontnugter is. Dit geld nie net vir diegene wat in Europa woon nie maar in meerdere of mindere mate vir burgers in alle wêrelddele. Kom ons beskou byvoorbeeld die lande van Latyns-Amerika.

’n Bekende Duitse handelsblad het die politieke situasie aan die einde van 1988 aldaar as “weinig meer as ’n puinhoop” beskryf. Dit het besonderhede verstrek en gesê: “Argentinië se . . . ekonomie is besig om ineen te stort. Brasilië dreig om onregeerbaar te word. Peru kan nie meer nie. Uruguay sukkel voort. Ecuador probeer wat onteenseglik ’n noodsituasie is, deurkyk. Colombia en Venezuela . . . hou ’n brose demokratiese tradisie in stand. In Mexiko is dit duidelik dat die stabiliteit van ’n heersende party wat 50 jaar lank onbetwis regeer het . . . besig is om te verbrokkel. Die tagtigerjare word reeds as ’n ‘verlore dekade’ afgeskryf.”

Politici was op sommige plekke nog nooit so ongewild soos nou nie. Toe die Oostenrykers gevra is om 21 beroepe volgens aansien te rangskik, het hulle politici 19de op die lys geplaas. Meningspeilings in die Bondsrepubliek Duitsland toon dat 62 persent van sy inwoners wat ondervra is, erken dat hulle min vertroue in politici het.

Professor Reinhold Bergler, hoof van die Instituut vir Psigologie aan die Universiteit van Bonn, waarsku dat “jongmense op die punt staan om die staat, die politiek en politici die rug toe te keer”. Hy sê dat 46 persent van hierdie jongmense politici as mense wat “baie praat en niks sê nie” en 44 persent hulle as omkoopbaar beskou.

’n Amerikaanse meningspeiler het in die sewentigerjare geskryf: “Daar word geglo dat die (politieke) proses so ontegemoetkomend en oneerlik is dat kiesers dit nie kan gebruik om hulle oogmerke te bereik nie.” Die aantal mense in die Verenigde State wat meen dat politici “nie werklik omgee wat met jou gebeur nie”, het dus geleidelik toegeneem van 29 persent in 1966 tot 58 persent in die tagtigerjare. Die Duitse koerant Stuttgarter Nachrichten verdedig so ’n evaluasie en sê: “Te veel politici stel hulle eie belange eerste en dan, net miskien, dié van hulle kiesers.”

Dit is verstaanbaar dat politieke onverskilligheid toeneem. In 1980 het net 53 persent stemgeregtigde Amerikaners na die stembusse gegaan. Dit was na berig word die vyfde agtereenvolgende stemafname. Teen 1988 het die aantal mense wat gestem het tot net 50 persent afgeneem.

Politici is bewus van die probleem. ’n Bekende wêreldleier het erken: “Daar is baie skynheiligheid . . . in die politieke lewe.” Hy het verduidelik waarom en gesê: “Dit is noodsaaklik om aan die bewind te kom en die amp te behou.” Die spreker? Die gewese Amerikaanse president Richard Nixon. Met die oog op die skandale wat sy presidentskap kortgeknip het, sal min mense dit betwyfel dat hy geweet het waarvan hy praat.

Politieke tekortkominge laat eerlike mense wonder of iets soos goeie regering hoegenaamd moontlik is. Sal ons nie beter daaraan toe wees sonder hoegenaamd enige regering nie? Is regeringloosheid dalk die oplossing?

[Venster op bladsy 4]

“Sonder oorwoë leiding val ’n volk.”—Spreuke 11:14, “NAV”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel