Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 5/8 bl. 8-9
  • Insig in die Ysman se denke en sy wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die Ysman se denke en sy wêreld
  • Ontwaak!—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die godsdiensklimaat
  • Antieke mensegeskiedenis en die Bybel
  • Die soeke na die mens se oorsprong
  • Leidrade tot die raaisel van die Ysman
    Ontwaak!—1995
  • Die mummie wat in die ys gevind is
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 5/8 bl. 8-9

Insig in die Ysman se denke en sy wêreld

KOM ons hervat ons bespreking van Ötzi. Was hy primitief, onnosel en sonder estetiese gevoel? Wat sê sy instrumente, sy wapens en sy klere?

Ötzi se wapens toon dat hy ’n uitstekende kennis van ballistiek gehad het. Die twee voltooide pyle het die kenmerkende vere aan die agterkant gehad. Die vere was teen ’n hoek gegom om die pyl in vlug te laat draai, wat ’n redelike mate van akkuraatheid tot op ’n afstand van 30 meter moontlik gemaak het. Sy leerklere (verskillende dierevelle) vertel ons iets van die smaak van die tydperk. Vandag moet ’n kledingstuk nie net die liggaam bedek nie, maar dit moet ook aan sekere estetiese vereistes voldoen. Was dit die geval in Ötzi se dag? Waar dit die vondste beskryf, sê die tydskrif Time: “Die kleed was vaardig met drade van senings of plantvesel met oorhandse steke aanmekaargewerk in ’n patroon wat soos ’n mosaïek lyk.” Die stukke materiaal sowel as die manier waarop hulle doelbewus aanmekaargewerk is, het daartoe bygedra om ’n “lappieswerkeffek” te skep, sê die boek Der Mann im Eis (Die man in die ys). Die Ysman het oor die tuniek “’n geweefde grasmantel [gedra], ideaal vir beskerming teen die koue, wat tydens ’n ruspouse as ’n ‘matras’ gebruik kon word om sy liggaam van die grond te isoleer”.—Focus.

“’n Onverwagte vlak van verfyndheid” kon ook in sy instrumente gesien word, sê die Time. Die dolk het byvoorbeeld selfs “’n knap gemaakte skede gehad wat van geweefde plantmateriaal gemaak is”. Die Ysman het dus blykbaar in ’n tydperk geleef wat waarlik “ryk en kultureel intens” was, soos Giovanni Maria Pace dit in sy boek Gli italiani dell’Età della pietra (Italianers van die Steentydperk) omskryf.

Daar kan ook melding gemaak word van die sampioene wat naby Ötzi gevind is. Hulle is dalk gebruik om ’n vuur mee aan te steek, maar dit is waarskynliker, sê die deskundiges, dat die Ysman dit by hom gehad het vir die antibiotiese en terapeutiese eienskappe daarvan, ’n deel van ’n tipe draagbare “eerstehulptas”.

Estetiese smaak, intellektuele vermoë, terapeutiese kennis en insig in die velde van metaalbewerking, landbou en kuns—hierdie dinge toon, in teenstelling met die beeld wat dikwels geskep word, dat die Ysman se tydgenote ingelig was oor en bedrewe was in uiteenlopende velde. Die Britse argeoloog dr. Lawrence Barfield het gesê: “Min van ons het vandag enige van die vaardighede wat die meeste mense gedurende die vierde millennium [v.G.J.] gehad het.” Hulle verfynde smaak kom byvoorbeeld na vore in kunstige uitbeeldings en metaal- en keramiese artefakte wat uit grafte herwin is.

Die godsdiensklimaat

“Sover geleerdes ontdek het, was daar nog nooit volke, op enige plek, te eniger tyd, wat nie op die een of ander manier godsdienstig was nie”, sê The New Encyclopædia Britannica. Waar dit die belangrike rol van godsdiens in antieke tye bespreek, sê die Dizionario delle religioni (Woordeboek van godsdienste) dat daar, “in vergelyking met dit wat in die alledaagse lewe gebruik is, ’n oneweredige hoeveelheid goedere en energie aan godsdiensprojekte bestee is”.

Die godsdiensgevoel van Ötzi se tyd was blykbaar baie algemeen. Antieke begraafplase is in baie plekke gevind wat getuig van die verskeidenheid en weelderigheid van begrafnisrituele. Tientalle kleibeeldjies is ook gevind wat godhede uitbeeld wat deel uitgemaak het van antieke godedomme.

Antieke mensegeskiedenis en die Bybel

Die beskawings wat aan die lig kom uit navorsing oor antieke tye was dus taamlik kompleks. Die beeld wat geskep word, is nie een van primitiewe beskawings wat gesukkel het om ’n duisend struikelblokke te oorkom om byna onbespeurbare vooruitgang tot volwaardige gemeenskappe te maak nie. Wat geskiedkundiges betref, het gemeenskappe in grootte verskil, maar hulle was ten volle ontwikkel.

Dit is betekenisvol vir enigeen wat die Bybel bestudeer. Die boek Genesis toon dat daar vroeg in die mensegeskiedenis reeds—en veral namate mense “oor die hele aarde verstrooi” is—komplekse en volwaardige gemeenskappe verskyn het waarvan die lede intellektuele en geestelike vermoëns gehad het.—Genesis 11:8, 9.

Dit Bybel bevestig dat die mens selfs in die vroegste tye tegniese en artistieke vermoëns gehad het, soos om “allerhande koper- en ysterinstrumente” te smee (Genesis 4:20-22). Volgens die Bybelverslag het mense nog altyd die bewuste begeerte gehad om die een of ander godheid te aanbid (Genesis 4:3, 4; 5:21-24; 6:8, 9; 8:20; Hebreërs 11:27). Selfs al het sy godsdienstigheid met die verloop van tyd afgeneem, bly die mens “inherent godsdienstig”, sê The New Encyclopædia Britannica.

Die soeke na die mens se oorsprong

Hoewel argeologiese navorsing nie al die vrae kan beantwoord wat deur die ontdekking van Ötzi ontstaan het nie, het dit ons nietemin in staat gestel om ’n idee te kry van die wêreld waarin hy geleef het—’n komplekse wêreld, baie verskillend van die gewone beeld van so genoemde prehistoriese tye. Dit was baie moderner as wat baie dink.

Ten slotte, buiten die feite wat van die Ysman se voorkoms en besittings afgelei is, “is byna al die ander dinge omtrent hom deels ’n raaisel en deels spekulasie”, soos die tydskrif National Geographic dit gestel het. Intussen lê Ötzi in ’n koue vertrek in Innsbruck, Oostenryk, terwyl meer as 140 gesaghebbendes van verskillende velde verdere raaisels oor die Ysman wat in die sneeu gevind is, probeer verklaar.

[Prent op bladsy 8]

Forensiese deskundiges ondersoek die Ysman se liggaam in Innsbruck

[Erkenning]

Foto: Archiv Österreichischer Alpenverein/Innsbruck, S.N.S. Pressebild GmbH

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel