Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 10/8 bl. 31
  • Wetenskaplikes reik ’n waarskuwing uit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wetenskaplikes reik ’n waarskuwing uit
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Dit is nóú die laaste dae!
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Die mens teen die natuur
    Ontwaak!—2001
  • Die komplekse web van die lewe
    Ontwaak!—2001
  • Bedreigde spesies—die omvang van die probleem
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 10/8 bl. 31

Wetenskaplikes reik ’n waarskuwing uit

“DIE mens en die natuur stuur op ’n botsing af. . . . Daar is nog net ’n paar dekades oor voordat die geleentheid om die bedreigings [vir die omgewing] af te weer verlore sal wees.”

Hierdie waarskuwing, wat deur die UCS (Unie van Besorgde Wetenskaplikes) uitgereik is, is gepubliseer in Annals, ’n Kanadese mediese tydskrif. As die mens se dodelike gebruike voortduur, het die verslag bygevoeg, “kan [dit] die wêreld so verander dat dit nie lewe sal kan onderhou soos ons dit ken nie”.

Van die dinge wat genoem is as dringende probleme wat aangepak moet word, is osoonvernietiging; waterbesoedeling; ontbossing; die verlies aan grondvrugbaarheid en die uitsterwing van spesies, wat teen die jaar 2100 ’n derde van alle spesies sal wees wat nou lewe. “Ons inmenging met die interafhanklike lewensweb”, sê die UCS, “kan aanleiding gee tot wydverspreide gevolge, onder andere die ineenstorting van biologiese stelsels waarvan ons die dinamika nie heeltemal verstaan nie.”

Die bekommernisse van die UCS is bevestig deur meer as 1 600 wetenskaplikes uit alle wêrelddele, waaronder 104 Nobelpryswenners. Volgens die UCS “waarsku hierdie senior lede van die wêreld se wetenskaplike gemeenskap die hele mensdom dat ’n verandering in ons bestuur van die aarde nodig is as ons matelose menselyding wil voorkom”.

Die Bybel stem saam dat mense waarlik “die verderwers van die aarde” is (Openbaring 11:18). Dit erken selfs dat ’n verandering in wêreldbestuur nodig is (Jeremia 10:23; Daniel 2:44). Trouens, die Bybel belowe dat so ’n verandering nie deur mensepogings sal plaasvind nie, maar deur God se Koninkryk, die hemelse regering waarvoor Jesus sy volgelinge leer bid het.—Psalm 145:16; Jesaja 11:1-9; Matteus 6:9, 10.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Foto: Godo-Foto

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel