Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 11/8 bl. 30
  • Van Ons Lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van Ons Lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Is mededinging in sport verkeerd?
    Ontwaak!—1995
  • Hou sport op sy regte plek
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 11/8 bl. 30

Van Ons Lesers

Reisnaarheid Ek is tien jaar oud en wil julle bedank vir die nuusbrokkie oor “Reisnaarheid” in “Ons beskou die wêreld” (22 Januarie 1996). Ek het die voorstelle in die artikel probeer, en dit het gewerk! Hou asseblief aan om sulke artikels te druk.

J. C. S., Brasilië

Noue ontkoming Ek skryf in verband met die artikel “Dokters het geleer uit my noue ontkoming” (22 Desember 1995). Bevat eritropoiëtien nie ’n klein hoeveelheid albumien, ’n bloedproteïen, nie?

R. P., Verenigde State

In sommige gevalle wel, en elke Christen moet self besluit of hy geneesmiddels wat klein hoeveelhede albumien bevat, sal aanvaar of nie. Sien asseblief “Vrae van lesers” in “Die Wagtoring” van 1 Oktober 1994 en 1 Junie 1990 vir ’n breedvoerige bespreking.—RED.

Aardbewing Ek het die artikel “Japan se skielike ramp—Wat mense gedoen het” (22 Augustus 1995) gelees. Ek wil graag weet waarom julle julle noodlenigingspogings tot Getuies beperk het. ’n Mens sou gedink het dat die Getuies liefde aan Getuies sowel as mense wat nie Getuies is nie, sou betoon het.

V. C. E., Nigerië

Eintlik is baie mense wat nie Getuies is nie wel gehelp. Die verspreiding van noodlenigingsvoorrade met behulp van die gemeentes van Jehovah se Getuies was dikwels die vinnigste manier om die voorrade by behoeftiges te kry. In een geval is twee bussies vol kosvoorrade na ’n plaaslike vlugtelingsentrum gestuur. Baie soortgelyke voorbeelde kan aangehaal word. Die Getuies het natuurlik voorkeur gegee aan gemeentelede, aangesien ons in die Bybel vermaan word: ‘Doen goed aan almal, maar veral aan dié wat in die geloof aan ons verwant is’ (Galasiërs 6:10).—RED.

Mededinging in sport Julle artikel “Is mededinging in sport verkeerd?” (8 Desember 1995) het my baie verwar, aangesien dit Galasiërs 5:26 gebruik het. Wat het die boek Galasiërs met sport en speletjies te doen? Paulus praat van gees teenoor vlees en vryheid teenoor slawerny. Die King James Version gee daardie vers weer as: “Laat ons nie ydele eer begeer en mekaar uittart nie.”

P. O., Verenigde State

Dit is waar dat die apostel nie spesifiek mededinging in sport in gedagte gehad het toe hy daardie woorde geskryf het nie. Maar dit is duidelik dat sommige Christene op onredelike wyse die een met die ander vergelyk het. Dit het aanleiding gegee tot ‘vleeslike’ gesindhede soos ‘vyandskappe, twis, jaloesie, rusies en verdeeldhede’ (Galasiërs 5:20, 21; 6:3, 4). Paulus het Christene dus gewaarsku om nie ‘wedywering met mekaar aan te wakker nie’. Volgens “The New Thayer’s Greek-English Lexicon” beteken die Griekse woord wat as “wedywering” vertaal word “om iemand tot ’n geveg of wedstryd uit te daag”. Hierdie beginsel sal beslis van toepassing wees op sportbedrywighede of op enige bedrywigheid wat daartoe kan lei dat Christene op die een of ander onheilsame manier met mekaar meeding.—RED.

Ageletterdheid Ek het die artikel “Waak teen ageletterdheid” (22 Januarie 1996) gelees en dit so geniet dat ek beweeg is om te skryf en julle te bedank vir die leersame leesstof wat julle voorsien. Die vermoë om te lees, bied ons die geleentheid om die Skepper van die heelal deur sy kosbare Woord, die Bybel, te leer ken. Daar is dus ’n verband tussen geestelike swakheid en ageletterdheid.

R. R., Verenigde State

Hoewel ek al 28 jaar ’n gedoopte Christen is en die Genootskap se publikasies gereeld lees, het ek uitgestel en het dit vir my gevoel of ek die begeerte om te lees, begin verloor. Julle artikel het my probleem geïdentifiseer! Julle bespreking van hierdie onderwerp het my die aansporing gegee om te lees om myself te bevoordeel.

A. O., Kanada

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel