Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 7/8 bl. 31
  • Is die ekster werklik ’n dief?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is die ekster werklik ’n dief?
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2009
  • Voëlkykery—’n Fassinerende stokperdjie vir almal?
    Ontwaak!—1998
  • Vere—’n wonder van ontwerp
    Ontwaak!—2007
  • Wanneer voëls in geboue vasvlieg
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 7/8 bl. 31

Is die ekster werklik ’n dief?

TOE die 19de-eeuse Italiaanse komponis Rossini die opera La gazza ladra (Die eksterdief) in 1817 geskryf het, was hy beslis onder die indruk dat die ekster ’n dief is. En ander het ’n soortgelyke beskouing oor hierdie ekstroverte voël. “Omdat eksters lastige deugniete is, tel hulle onder die baldadige niksnutte van die Weste”, sê die Book of the North American Birds. Hoewel hierdie swartbekeksters op ander plekke bekend was, is hulle in die Verenigde State ontdek gedurende Lewis en Clark se beroemde ekspedisie van 1804-06 wat die Weste oopgestel het. Lede van die groep het gesê dat eksters hulle tente binnegegaan en kos gesteel het.

As jy in Europa, Asië, Australië of Noord-Amerika woon, sal jy julle plaaslike eksters moontlik kan identifiseer. Dit is oor die algemeen ’n groot voël, tot 56 sentimeter lank, met ’n duidelik omlynde swart en wit patroon op sy vlerke en lyf. Hy het ’n lang, reënboogkleurige, groen stert en ’n sterk snawel. Eksters woon dikwels in groepe en verdedig hulle gebied vreesloos, selfs teen mense.

Die Britse ekster lyk miskien met die eerste oogopslag asof hy net swart is met ’n wit bors en vlerkpunte, maar hy het ’n paar skitterende tog subtiele kleure. Sy lyf en lang stert het ’n reënboogkleurige, pers en groen glans, en naby die punte van die stert is die vere ook bronskleurig. Sy stert maak meer as die helfte van sy lengte uit.

Dit is ’n plesier om die Australiese eksters te hoor terwyl hulle hulle melodieuse liedjie sing en tjilp. Die roep van die ekster en die kookaburra, wat ook bekend is as die visvanger, is ’n duidelike teken dat jy in Australië is. Buiten die ekster se kenmerkende sang, kan jy hom deur die wit kolle op sy blink rug, kruis, vlerke en onder sy stert identifiseer.

Is die ekster dus werklik ’n dief? Die boek Song and Garden Birds of North America sê: “In die westelike Verenigde State word die swartbekekster lank reeds as ’n dief en ’n aasvreter geminag.” In daardie laaste kritiek is daar egter ’n kompliment verskuil. Waarom? Omdat aasvreters die dooie liggame van ander diere en voëls verwyder. Hetsy hy geminag of waardeer word, die ekster is net nog een van die meer as 9300 voëlspesies wat ons aarde verryk en versier.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel