Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 2/15 bl. 26
  • Artikels oor TV-vervolverhale-Lesers reageer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Artikels oor TV-vervolverhale-Lesers reageer
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Bevryding uit die valstrikke van die voëlvanger
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Maniere om beheer daaroor te kry
    Ontwaak!—2006
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
  • Beheers televisie voordat dit jou beheers
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 2/15 bl. 26

Artikels oor TV-vervolverhale-Lesers reageer

Reguit, Bybelse raad is gegee in ’n bespreking oor TV-vervolgverhale in Die Wagtoring van 15 Februarie 1983. Baie lesers het geskryf om te sê hoe hulle persoonlik by die raad baat gevind het.

“Alles wat julle gesê het en wat julle uit ander se ondervindinge aangehaal het, het die spyker op die kop geslaan!” het een Getuie in Kalifornië geskryf. “Ek was 13 jaar lank verslaaf aan die vervolgverhale. Ek het gedink dat ek veilig was bloot omdat ek Christelike vergaderinge bygewoon het en min of meer gereeld in die velddiens was. Maar ek het die wêreld se houding aangeneem dat owerspel geregverdig is as jou man jou mishandel of as jy onbemind voel—dis mos sy eie skuld. Toe ek gedink het dat dit ‘geregverdig’ is, het ek dus hierdie slegte weg gevolg en teen Jehovah en my huweliksmaat gesondig. Ek moes op die ou end uit die Christengemeente gesit word.” Sy het egter tot besinning gekom en is herstel. Die artikels het haar gesterk ln haar besluit om nooit weer na hierdie verderflike vervolgverhale te kyk nie. “Nou kan ek die Bybel en Christelike lektuur in vrede bestudeer en lees”, het sy gesê.

Een subtiele gevaar wat in die artikels blootgelê is, is die wyse waarop die kyker emosioneel betrek word by die karakters in die verhaal. “Ek het van kleins af na hierdie een vervolgverhaal gekyk, en die karakter ‘Julie’ was soos ’n ‘vriendin’ vir my. . . . Op ’n dag was ‘Julie’ in ’n ongeluk betrokke waarin haar mooi gesig erg geskend is”, het ’n ander Christin in die Verenigde State geskryf. “Ek was elke dag voor die TV om seker te maak dat sy die paal sou haal. Daardie aand in my gebed het ek, nog voor ek gedink het wat ek sê, gebid: ‘En Jehovah, seën asseblief vir Julie.’ Ek was geskok! Hierdie bede tot Jehovah vir Julie het uit my hart gekom!” Sy het besef hoe verknog sy aan die karakters geraak het en het opgehou om na hierdie programme te kyk. Sy het geskryf: “As al die lesers julle artikel oor TV-vervolgverhale ter harte wil neem sal hulle ’n ware gevoel van vryheid ondervind, aangesien ons eie daaglikse probleme ons genoeg hoofbrekens gee.”

Een Christin in Texas het, nadat sy waardering vir die artikels uitgespreek het, van haar verlede vertel: “Ek het geweet dat ek aan TV-vervolgverhale ‘verslaaf’ is, en dat ek iets daaromtrent moes doen. Ek het ook gewonder of dit my verhouding met Jehovah kon skaad. Hoe kon ek ‘hulle’ as vriende hê en nog ’n vriend van Jehovah wees? Ek moes dit alles tegelyk opgee—dit was al manier, en hoe swaar was dit tog!”

Wat moes hierdie Christin doen om met die gewoonte te breek? Sy het bygevoeg: “Ek moes die TV se prop uittrek. Ek het buitentoe gegaan en iets gekry om in my tuin te doen, iemand gaan besoek, enigiets net om besig te bly sodat ek nie sou swig nie. Nadat ek ongeveer ses maande lank ’n daaglikse stryd gevoer het, het ek gemeen dat ek by die huis kon bly; ek het daardie tyd begin gebruik vir persoonlike Bybelstudie, voorbereiding vir vergaderinge en ander geestelike dinge. Ek het soveel beter gevoel! Dit is nou meer as twee jaar dat ek nie daardie sogenaamde vriende gesien het nie. Ek moet erken dat ek nog soms wonder wat met hulle gebeur, maar ek stry daarteen. . . . Miskien sal baie ander wat nog nie met die gewoonte gebreek het nie, dit nou doen. Broers, ek dank Jehovah en julle dat julle hierdie ‘lae ding’ aan die kaak gestel het.”—Psalm 101:3.

Nog iemand wie se lewe deur die artikels geraak is, is ’n Getuie in Kanada. “Ek het gehuil toe ek die artikels lees, want ek het ontdek dat my hart nie meer volkome met Jehovah was nie. Ek het my God belowe dat ek nie langer ’n slaaf van hierdie vervolgverhale sou wees nie, en het hom gevra om my te help om weg te kom van my huis af op die dag van die program.”

Hierdie Christin, wat selfs haar telefoon van die mikkie afgehaal het om te voorkom dat sy gedurende “haar” program gesteur word, het verder gesê: “Twee dae later is ek genooi om ’n Bybelstudie by te woon op die dag en tyd van ‘my’ vervolgverhaal. Ek het die uitnodiging met blydskap aanvaar. . . . Ek voel nou nader aan Jehovah, en my verhouding met hom is intiemer. Hoe goed is Jehovah tog om ons deur sy Woord te tugtig!”

Jehovah sê: “Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees” (Psalm 32:8). Hy ken ons verraderlike hart en wil ons teen geestelike ondergang beskerm. Hoe goed is dit wanneer ons op sulke gesonde raad ag slaan!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel